Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Cheerio Trout Fishing & Holiday Resort

  • Kapasiteit: 26 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R71, Cheerio Plaas, L4.1-pad, Magoebaskloof, 0730, Limpopo
  • Vanaf R630 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Cheerio Trout Fishing Holiday Resort bied selfsorgverblyf in Magoebaskloof. Gaste kan die rustigheid van die berge in 'n privaat woning geniet wat tussen pragtige bome, struike en blomme skuil. Dit is die ideale oornagplek vir reisigers op pad na die Krugerwildtuin en ander privaat wildtuine.

Die chalets het slaapplek vir 2, 4 of 6 gaste. Al die nodige geriewe is beskikbaar en die chalets word daagliks skoongemaak.

Daar is 'n balkon met buitemeubels, braaigeriewe en veilige parkeerplek. Daar is ook 'n foreldam op die perseel en rivierhengel kan met die plaaslike hengelvereniging gereël word. Ander geriewe en aktiwiteite sluit 'n swembad, bergfietsry en voetslaan in. Gaste kan ook net by 'n tuinbank ontspan en die berguitsigte geniet.

Vir die avontuurlustiges is daar dagstaproetes en avontuuraktiwiteite, soos Zipline, kloofklim, tjoepry, abseil en boomtopspring naby. Ander besienswaardighede wat ook maklik bereikbaar is, is die Ebenezer-, Magoebaskloof-, Tzaneen- en Dap Naude-dam, die Debengeni-waterval, asook die Woodbush- en Agatha-reservate. Vir gholf-entoesiaste is die Tzaneen en Polokwane Buiteklubs slegs 'n uur se ry weg.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 114 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.6
Veiligheid
4.6
Wat gaste dink
Marelize D
Saam met lewensmaat
5.0
Sentraal geleë, mooiste natuur. Vriendelike ontvangs. Het heerlik gekuier. Sal definitief weer gaan.
Sep 2024
Hannie H
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig. Lieflike ligging. Rustige atmosfeer. Lekker staproetes.
Aug 2024
Elaine M
5.0
Next time I will definitely stay more than one day. It was truly wonderful. It felt like home. The setting was beautiful. The owners we...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2024
Christiaan S
Gesin met tieners
5.0
Rus en vrede blyplek. Stil en rustige plek. Maklike toegang van R71. Skoon en netjies. Kombuis volledig toegerus. Sal lekker kuier hier winter of some...
Sien meer
Mei 2024
Rudolph S
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige omgewing! Pragtige eenheid! Baie vriendelike gasheer! Heerlike skoon plek. Baie vriendelike ontvangs! Sal beslis weer hier bly!
Mei 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Alf Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 114

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • R71, Cheerio Plaas, L4.1-pad, Magoebaskloof, 0730, Limpopo
  • Gaste dink Cheerio Trout Fishing & Holiday Resort het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R630
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R630
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 26 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R71, Cheerio Plaas, L4.1-pad, Magoebaskloof, 0730, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6ecc15efaebe96cdadf3247825ec9902b9fc8ec79ae55a0f42256bd71e89e6996dffdfd29dfab7353026cbe30051a0c30686?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R630 per nag (plek vir 2) 114 5 1 5 R71 Cheerio Farm, L4.1 Road 0730 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -23.896428283165 29.953006988692

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang