Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Huis Chen

Naweekaanbod 33% af

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 vir verblyf tussen Vrydag en Sondag. Geldig vir verblyf vanaf 25 Jul 2024 tot 31 Des 2024.

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Emerald-laan 209, Lyttelton Manor, Centurion, 0157, Gauteng
  • Vanaf R850 R567 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Huis Chen bied selfsorg-ateljeewoonstelle op die eienaar se perseel in Lyttleton Manor, Centurion. Dit is sowat 1 km vanaf Unitas Hospitaal en 4 km vanaf die Gautrain-stasie, so dis die ideale verblyf vir 'n alleenreisiger of sakereisiger.

Die woonstelle bied slaapplek aan 8 gaste in totaal oen het 'n dubbelbeddens en en suite-badkamers met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuise is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, oondjie, tweeplaatstoof, eetgerei en breekware, en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus.

Verder is daar ook 'n etenstafel met stoele. Die sitarea het 'n rusbank en 'n platskerm-TV. Gratis WiFi en lugversorging is beskikbaar. Gaste het toegang tot 'n privaat ingang en veilige parkeerplek op die perseel.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 38 resensies

Ongelooflik

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Wat gaste dink
Loki D
Gesin met tieners
5.0
Sentrale lokasie, kamer baie mooi en gasheer baie vriendelik en hulpvaardig. Wonderlike aand oorgebly in Huis Chen. Kan definitief aanbeveel.
Sep 2024
Erica B
Saam met vriende
5.0
Great overnight verblyf. Baie oulike mense baie vriendelik en die plek is netjies, mooi en definitief waarde vir geld.
Jun 2024
Stephanie W
5.0
Baie gerieflik. Kamers is baie mooi en gerieflik. Sal definitief weer daar gaan bly.
Jun 2024
Eric B
Saam met lewensmaat
5.0
Onbeskryflik lekker. Baie, baie lekker en die gasvrou is van formaat.
Apr 2024
Petro K
Saam met lewensmaat
5.0
Goed geleë waarvoor ons dit nodig gehad het. Heerlike verblyf. Die gasheer het ons baie welkom laat voel. Mens met 'n omgee hart.
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Andrea Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 38

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Emerald-laan 209, Lyttelton Manor, Centurion, 0157, Gauteng
  • Gaste dink Huis Chen het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R850
R850 R567
per nag, vir 2 mense
Vanaf R850
R850 R567
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Emerald-laan 209, Lyttelton Manor, Centurion, 0157, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1a6a6e7501a2642574b2fd5ab85dae80c9795216719ee266e153c78d441986b26db3d4e58afd03ea24a516eaef026baa2943?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R850 nouVanaf R567 per nag, vir 2 mense 38 5 1 5 209 Emerald Avenue Lyttelton Manor 0157 Gauteng 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -25.827369657142 28.196518796295

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang