Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Cherry Creek @ Zebula

Selfsorg
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Zebula Golf Estate and Spa, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Vanaf R7 350 per nag (plek vir 18)

Beskrywing

Cherry Creek @ Zebula is op die luukse Zebula Golf Estate and Spa geleë en is die ideale bestemming vir gesinne en groepe wat op soek is na 'n ontspanne en prettige wegbreek. Dié lodge bied 'n rits geriewe en aktiwiteite wat onvergeetlike verblyf sal verseker.

Dié verblyf bied slaapplek aan 18 gaste en beskik oor 6 slaapkamers met lugversorging, 4 badkamers en 'n gastetoilet. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n volledige en suite-badkamer. Daar is ook 3 slaapkamers wat ook 'n koningingrootte-bed het, maar net 1 van hierdie kamers het 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Die derde en vierde slaapkamers is op die solder en het elk 2 enkelbeddens en 'n dubbelbed. Hierdie ruim solderarea het ook 2 enkelbeddens. Die oorblywende badkamers het 'n stort en 'n bad. Wit linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Die oopplan-leefarea het lugversorging en beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus is. Daar is 'n skottelgoedwasser in die aparte opwaskamer. Die kombuis lei na 'n sentrale etenstafel met oorgenoeg sitplek. Langs die eetarea is 'n knus sitarea met gemaklike sitplek, kaggel en 'n platskerm-TV met DStv. Gratis WiFi is beskikbaar.

Hierdie verblyf word deur 'n onderdak-onthaalarea met 'n kaggel, kombuis met 'n stoof, kroeg met 'n TV, sitplek en 'n etenstafel verbind waar gaste gesellig kan verkeer. Hierdie verblyf het 'n lieflike plonspoel met sonstoele.

Gaste het volle toegang tot die lodge se verskeie aktiwiteite wat in en om Zebula is en sluit olifantinteraksies, Groot 5-wildritte, perdry en vierwielmotorfiets-ekspedisies in.

Kamer-opset

Slaapplek vir 18 mense 6 Slaapkamers 1 Leefarea 5 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

4

1 x Koningingrootte-bed

2 x Kinderbed vir 1

Slaapkamer

4

1 x Koningingrootte-bed

2 x Kinderbed vir 1

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Leefarea

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Braai

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

5/5

Tiaan Geverifieer

Eiendomme 5

Resensies 2

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Zebula Golf Estate and Spa, Bela-Bela, 0480, Limpopo
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Waterberg Limpopo
Vanaf
Vanaf R 7 350
per nag (plek vir 18)
Vanaf
Vanaf R 7 350
per nag (plek vir 18)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 18 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Zebula Golf Estate and Spa, Bela-Bela, 0480, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4dfac3ee55e4e606eb1d25307081b63262c5c6fb7da7cd7287ba537af7c55ff7454a9dde400ddcd9557f28773116b1680d3a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R7 350 per nag (plek vir 18) Zebula Golf Estate and Spa Bela Bela 0480 Limpopo 021 201 8901 14:00-00:00 10:00 -24.744425742161 27.957388037971

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang