Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Cherry Grove

Op die Nippertjie-aanbod 15% af

Kry 15% af op alle besprekings wat 1 dag of minder voor jou verblyf gemaak word. Geldig vir verblyf vanaf 10 Des 2024 tot 19 Des 2024.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Naledistraat, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Vanaf R1 300 R1 105 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Cherry Grove is in Dullstroom wat bekend is vir sy forelhengel-geleenthede. Die woonstelle is in 'n Italiaanse "dorpie" met 'n geplaveide piazza, fontein en 'n Italiaanse atmosfeer.

Cherry Grove bied verblyf in 2 woonstelle wat elk slaapplek aan 4 gaste bied. Cherry Grove 8 beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamer, 'n kombuisie en 'n leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n oop en suite-badkamer met 'n hoekbad. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n hoekbad en 'n stort. Daar is 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe in die kombuisie en die sitarea het 'n platskerm-TV.

Cherry Grove 11 is 'n ateljeewoonstel met 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Daar is ook 'n kombuisie wat met 'n stoof, mikrogolf, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is, en 'n balkon met 'n gasbraai.

Die verblyf word nie deur beurtkrag geraak nie.

Dullstroom is net 2 ure vanaf Gauteng en op pad na die Krugerwildtuin. Dié bekoorlike dorpie het vars lug as gevolg van sy hoogte bo seespieël en bied iets vir die hele gesin, van fynproewersrestaurante tot gesinspret.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 61 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.5
Veiligheid
4.4
Gaste se hoogtepunte
Jacques K
Gesin met tieners
5.0
N Besondere eenheid en ervaring - Baie dankie! Ons het baie lekker gebly en die eenheid was regtig uitstekend!
Nov 2024
Beukes G
Besigheidsreis
5.0
Vinnige besoek aan die mooiste Italiaanse plekkie buite Italië. Dit was die heel beste bed waarop ek op die sakereis (van 5 aande) geslaap het! Die ee...
Sien meer
Nov 2024
Leandra D
Gesin met klein kinders
5.0
Baie lekker. Die eenheid was baie netjies gewees.
Nov 2024
Jason C
Gesin met tieners
5.0
Peaceful and relaxing. Very relaxed and comfortable, no issues whatsoever.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2024
Daniel R
Besigheidsreis
5.0
Heel aangenaam. Verblyf was gerieflik en goed versorg.
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

CHARMAINE Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 61

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Naledistraat, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Gaste dink Cherry Grove het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 300
R 1 300 R 1 105
per nag, vir 2 mense
Vanaf R1 300
R 1 300 R 1 105
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Naledistraat, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA29cbcb507ab7b882ec364f2eac8e1bff62e659c3f0296b6b5915cf2e449f0903bf136b272243024a12f9978483fa73490ef6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 300 nouVanaf R1 105 per nag, vir 2 mense 61 5 1 5 Naledi Street Dullstroom 1110 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -25.424301406405 30.100194066379

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang