Cherry Lane @ Cherry Grove
Kry 25% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 22 Nov 2024 tot 12 Des 2024.
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Naledirylaan 9, Eenheid 14 Cherry Grove, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
-
Vanaf
R1 500R1 125 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Cherry Lane @ Cherry Grove is 'n knus selfsorgvakansiewoonstel in die hartjie van die Hooglande in Dullstroom. Dit is ideaal vir sakereisigers of vakansiegangers wat op soek is na 'n ontspannende wegbreek in hierdie bekoorlike dorpie.
Dié woonstel op die eerste verdieping het slaapplek vir 2 gaste in 'n oopplan-kamer met 'n en suite-badkamer. Die kamer het 'n koninggrootte-bed en die badkamer het 'n bad, stort, wasbak en toilet. Gehaltelinne en handdoeke word voorsien.
Die kombuisie is met 'n yskassie, stoof, oond, mikrogolf, lugbraaier, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die leefarea het gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n TV met stroomdienste. WiFi is beskikbaar.
Gaste het toegang tot 'n balkon met 'n Weber-braai, 'n omsetter en veilige parkeerplek op die perseel. Hierdie eenheid is naby plaaslike geriewe soos winkels en restaurante. Aktiwiteite soos perdry, kunsvlieghengel, en verskeie voetslaan- en bergfietsroetes kan in die omliggende area geniet word.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Naledirylaan 9, Eenheid 14 Cherry Grove, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
Sien meer verblyf in Dullstroom Panoramaroete Mpumalanga
- Kapasiteit: 2 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Naledirylaan 9, Eenheid 14 Cherry Grove, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang