Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Chesapeake Bay 30

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 26 resensies

Baie goed

Netheid
3.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
3.8
Diens
4.3
Veiligheid
4.4
Edward M
Kort verblyf Gesin met klein kinders
2.8
Jan 2022

Wonderful location. We were welcomed well, but the place was not the cleanest. The unit needs modern furniture and renovation in general. It's dated and old and definitely not clean. There needs to be privacy in the main bedroom to separate the toilet /bathroom.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
1.0
Diens
3.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
1.0
Cecil
Chesapeake Bay 30
All furniture clearly visible in pictures and serviceable for this type of unit and if it must be replaced with new furniture tariffs will have to increase. Lots of renovation has been done and is been done on a continuous bases. Main bedroom is en-suite with the entrance to its bathroom on the side when stepping through the door into the room, therefore the bathroom is not visible from inside the room it self, while there is a door to the main bedroom including its en-suite bathroom therefore main bedroom and its bathroom is private with a door.

Pieter B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.4
Sep 2021

Fantasties, gemaklik en wat ek wou hê in verblyf. Mal oor die security, feit dat die unit op die parkeervlak is, see-uitsig wat ek wou hê. Julle kan miskien die bad se warmwaterkraan regmaak en die stoof vervang.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Cecil
Chesapeake Bay 30
Bly julle het dit geniet. Ons is glad nie bewusgemaak voor en selfs na jul bespreking deur ander gaste, dat daar 'n probleem met die kraan of die stoof is nie en sal ons dus kyk daarna.

Petra O
Lang verblyf
4.4
Mei 2021

Pragtige see-uitsig met 'n vinnige en veilige stapafstand van die strand en see-swembad. Alles is daar wat mens benodig, bring net jou eie handdoeke en haardroër. DStv is ingesluit wat ons kuiertjie nog meer beïndruk het. Veilige parkeerplek sowel as diefwering voor vensters en 'n skuifdeur na die stoep se kant, ons het elke aand met 'n oop venster geslaap om die see te hoor.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Cecil
Chesapeake Bay 30
Baie dankie vir die positiewe resensie en ek is baie bly dat u die verblyf geniet het. Ja, die bad- en swemhanddoeke wat nie voorsien word nie en waarvan eie gebring moet word, word pertinent duidelik op ons blad genoem en herhaal met die kwotasie sowel as die e-pos wat gestuur word na die aanvaarding van die kwotasie en deposito betaling. Verder is agv die tipe selfsorg verblyf wat gebied word, 'n haardroeër nie ingesluit nie en sou dit wel duidelik so vermeld word indien dit sou beskikbaar wees. Kom gerus weer. Vriendelike groete Cecil.

Chris B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
3.2
Apr 2021

Lekker wegbreek aan die Suidkus. Die eenheid het ongelukkig teleurgestel. Die ligging is baie goed, uitsig is uitstekend. Naby (ryafstand) van meeste restaurante, winkels en besienswaardighede. Loopafstand van die strand, maar die strand is baie vuil. Eenheid het die basiese benodigdhede. Kombuis en breekware was nie baie skoon nie. Die eenheid benodig dringend onderhoud.

Netheid
3.0
Diens
3.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
2.0
Cecil
Chesapeake Bay 30
Baie dankie cir die terugvoer, Chris. Sal die kombuis en breekgoed wat volgens jou nie te skoon was nie opneem met die verantwoordelike persoon daar aangesien dit basies nog bittermin indien ooit 'n klagte was. Aangesien dit selfsorg is kon van die vorige gaste dalk van die breekgoed so terugesit het in die kas en dit nie opgetel is deur die verantwoordelike persoon daar nie. Verder sal ek graag wil verneem wat se onderhoud is so dringend nodig in die eenheid aangesien onderhoud langs die see 'n voortdurende taak is en wat met Covid nie te maklik was nie. Balkonne word tans totaal weer oor waterdig gemaak nadat duisende rande al daaraan spandeer is en ons moes wag vir die reënseisoen om bietjie oor te gaan voor dit aangepak word maar hopelik is ons nou uiteindelik by die regte kontrakteur. Verder is veiligheidshekke afgehaal voor die skuifdeure om totaal vervang te word maar die balkon moet eers gedoen word voordat die Treli-deure presies gepas kan word. Verder weet ek regtig nie wat se ondehoud so dringend binne die eenheid gedoen moet word nie. Vir die strande kan ek ongelukkig nie pa staan nie behalwe dat mens dalk kan probeer om dit op die munisipaliteit se aandag te bring maar ek bly in Musina, Limpopo. Groete Cecil

De Wet V
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.8
Des 2020

'n Aangename plek, uitstekend geleë. Ons het baie lekker gebly. Geen klagtes nie.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Cecil
Chesapeake Bay 30
Baie dankie vir die positiewe resensie. Verbeterings soos nuwe veiligheidshekke en ander instandhouding gaan ook vroeg in 2021 aangepak word. Kom gerus weer.

Deon F
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.0
Des 2020

Wonderlik, pragtig, fantasties. Wonderlike eenheid, pragtigste uitsig en fantastiese mense, skoon en netjies. Net 2 dingetjies: Hoofslaapkamer-dakfan raas vreeslik. Sou graag wou sien dat die sitkamer en hoofslaapkamer tralies voor skuifdeure en vensters moes hê, sodat 'n mens kan slaap met die deure en vensters oop. Ek sal beslis weer daar tuisgaan en dit ook vir seker aanbeveel vir ander.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
4.0
Cecil
Chesapeake Bay 30
Baie dankie vir die positiewe resensie. Dankie ook vir die rapporteer van dakwaaier aagesien geen vorige gaste dit onder ons aandag gebring het nie. Verbeterings soos splinternuwe veiligheidshekke van hoogstaande gehalte voor die skuifdeure wat ook terselftertyd die vensters dek en ander instandhouding gaan vroeg in 2021 aangepak word. Veiligheidshekke en diefwering is wel steeds by die ingang van die woonstel aan die parkeerarea se kant en gaan die na die balkon aan die see se kant spoedig met nuwes vervang word, soos hierbo genoem. Waterdigting en nuwe teels op die balkon en onder die skuifdeure moet egter eers gedoen word waarna die skuifdeure presies nommerpas geinstalleer sal word . Sien uit om u weer te verwelkom.

Harry B
Lang verblyf Gesin met tieners
3.6
Des 2020

Lekker weer, mooi see-uitsig. Meubels en veiligheidsdeure moet vervang word. Skoonmaak voor aankoms nodig aandag. Die waterprobleem in Margate 'n probleem en die tank sal in hoogseisoen nie kan voorsien nie. Skuifveiligheidsdeure van eenheid geroes (van die panele los), het dit moeilik oop- en toegemaak. Plekkie sal meer aantrekkingskrag geniet met meer moderne meubels. Plek nie op standaard skoon nie ─ vuil bekers, aartappelskiller en rasper nog kos aan gehad. Broodkrummels op oppervlak waar toaster staan. Onder beddens nog vol stof.

Netheid
2.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
3.0

Ian R
Lang verblyf
5.0
Jul 2019

Lekker gerus met 'n wonderlike uitsig. Tweede keer wat ons hier kom bly tydens ons Julie-vakansies. Ons het dit baie geniet en die see-uitsig bly altyd 'n wenner.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Cecil
Chesapeake Bay 30
Goeie dag Ian, Baie dankie vir die goeie resensensie en die waardering van wat die woonstel bied. Hoop om jul spoedig weer terug te verwelkom.

Hendrik O
Lang verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2019

Is lekker om elke oggend wakker te word met die see se gedruis. Wonderlike 180°-uitsig vanaf die balkon. Die ligging is perfek met die mooiste see-uitsig. Die eenheid was mooi skoon en lekker ruim asook veilig. Ons het die twee weke baie geniet en ons sal dit beslis aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Cecil
Chesapeake Bay 30
Baie dankie Hendrik, ons as eienaars dink ook die eenheid is baie spesiaal, goed geleë en met 'n wonderlike uitsig al bly onderhoud en instandhouding langs die see 'n uitdaging. Kom gerus weer!

Sarita D
Lang verblyf Gesin met tieners
4.0
Jan 2019

Chesapeake 30 het goeie see-uitsig, maar het regtig nodige onderhoud nodig. Ons het Chesapeake 30 geniet met die see-uitsig en privaat strand aan die voorkant. Daar is regtig wel onderhoud nodig aan die woonstel wat die koste regverdig soos onder andere: Altwee badkamers - toiletpapierhouers. Waaier in sitkamer wat gemerk word wat nie gebruik mag word nie. Lig op stoep wat buite werking is.

Netheid
3.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0
Cecil
Chesapeake Bay 30
Beste Sarita, Bly u het dit geniet. Sou egter graag wou weet wat was fout met die toiletpapierhouers wat nuut saam met die oorgedoende badkamers (2018), aangebring is, sodat dit moontlik reggestel kon word, alhoewel nog geen gaste voor u of na u daaroor gekla het nie? Na navraag deur my het ek verder verneem die lig op die stoep werk beslis maar indien dit dalk nie gewerk het terwyl u daar was nie, kon dit net die gloeilamp wees wat geblaas het. Dit kon slegs met een oproep of boodskap na my basies onmiddelik vervang word of dalk het u nie die skakelaar agter die gordyn opgemerk nie en kon ‘n enkele oproep of boodskap dit ook uitgeklaar het. Waaier in die sitkamer gaan so spoedig moontlik vervang word aangesien dit gedurende Desember 'n probleem begin gee het. Groete, Cecil

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.2/5

Cecil Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 29

Op LekkeSlaap 11 jaar

Vanaf R790
R 790 R 711
per nag (plek vir 4)
Vanaf R790
R 790 R 711
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Marienerylaan 125, Margate, 4285, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2da15c81ff00af80e29967f646e1021951846c917e7e7ce3c36bfddca083ae61d4272983cef9dcdc2eb20050aab9d0765aa4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R790 nouVanaf R711 per nag (plek vir 4) 26 5 1 5 125 Marine Drive Margate 4285 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-18:00 09:00 -30.869752561597 30.367050468922

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang