Cicada Self-catering Cottage
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Valley View-weg 9A, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 000 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Cicada Self-catering Cottage is in die prentjiemooi dorpie Underberg aan die suide van die Drakensberge. Dit is ideaal vir 'n gesin of groep vriende wat op soek is na gerieflike verblyf in 'n rustige omgewing.
Die kothuis is geskik vir 4 gaste en het 2 slaapkamers en 1 badkamer. Beide slaapkamers het 'n dubbelbed en die badkamer het 'n bad en 'n stort. Die kombuis is vir selfsorg met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware toegerus. Die sitarea het 'n kaggel vir die koue wintersaande. Die beskutte stoep het 'n ingeboude braai waar gaste saans skemerkelkies kan geniet. Honde is welkom, indien vooraf gereël. Die kothuis het 'n groot, omheinde tuin en 'n aparte ingang met 'n hekkie en onderdakparkeerplek.
Die dorp is 'n gewilde oorslaapplek vir reisigers en het 'n versameling stofpaaie, bergstrome, sandsteenberge, kuierkroeë en vriendelike plaaslike inwoners.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Debra-Lee Geverifieer
Eiendomme 7
Resensies 38
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Valley View-weg 9A, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Cicada Self-catering Cottage het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Underberg Drakensberge KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Valley View-weg 9A, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang