Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

City Oasis

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 22ste Straat 25, Parkhurst, Johannesburg, 2193, Gauteng
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 1)

Beskrywing

City Oasis is in die gewilde buurt, Parkhurst, in Johannesburg, naby 4de Laan se koffiewinkels en restaurante en nie te ver van die Rosebank-Gautreinstasie af nie. Die area bied maklike toegang tot buurte soos Sandton en Rosebank.

Verblyf bestaan uit 2 netjiese eenhede.

Die eerste eenheid beskik oor 'n slaapkamer, badkamer, kombuis en 'n stoep. Die selfsorgkothuis is ideaal vir sakereisigers of paartjies met 'n kind. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en die badkamer het 'n bad en 'n stort. Die eenheid het 'n TV, onbeperkte WiFi, gefilterde kraanwater, 'n waaier, haardroër en handdoeke. Sentrale verhitting wat met gas werk en 'n kaggel is gedurende die wintermaande beskikbaar. Die eenheid bied toegang tot sy eie stoep en tuin.

Die ateljee-eenheid is ideaal vir 'n enkelreisiger en bestaan uit 'n slaaparea en 'n kombuisie. Die eenheid het 'n enkelbed en die badkamer het 'n stort. Die kombuisie is met 'n yskassie, mikrogolfoond en 'n ketel toegerus. WiFi is beskikbaar. Daar is ook gefilterde kraanwater, 'n waaier, haardroër en handdoeke. Sentrale verhitting wat met gas werk en 'n kaggel is gedurende die wintermaande beskikbaar. Die eenheid bied toegang tot 'n privaat stoep en sy eie tuin.

'n Selfhelp-ontbyt met graankosse en tee- en koffiemaakgeriewe is in albei eenhede beskikbaar. Die eiendom het 'n alarmstelsel en laserstraalsekuriteit wat aan 'n plaaslike sekuriteitsmaatskappy gekoppel is.

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 3 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Annelie Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 4

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • 22ste Straat 25, Parkhurst, Johannesburg, 2193, Gauteng
  • Gaste dink City Oasis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 850
per nag (plek vir 1)
Vanaf
Vanaf R 850
per nag (plek vir 1)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 22ste Straat 25, Parkhurst, Johannesburg, 2193, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf0e2fdf001bcba8372926f02200556b0e7ba714e3dc4913726e84f0dd9ff7a56945ae9754193e2092972d9685e7ace9df3f7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag (plek vir 1) 3 5 1 5 25 22nd Street Parkhurst 2193 Gauteng 021 201 8901 16:00-20:00 10:00 -26.131678528724 28.018615131283

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang