Claptons Beach 28
Kry 15% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Northern Access-weg, Claptons Beach 28, Marina Martinique, 6331, Oos-Kaap
-
Vanaf
R1 430R1 216 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Claptons Beach 28 is 'n gerieflik gemeubileerde selfsorgwoonstel vir 4 gaste in Marina Martinique, Jeffreysbaai.
Dié dubbelverdiepingwoonstel beskik oor 2 slaapkamers, 1,5 badkamers, kombuis en 'n leefarea Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n stapelbed vir 2. Albei hierdie kamers is op die boonste verdieping. 'n Dubbelslaapbank is in die sitkamer onder beskikbaar. Die badkamer het 'n bad en 'n toilet, en die gastebadkamer het 'n toilet. Daar is ook 'n buitestort teen die woonstel met warm en koue water.
Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas en koffie- en teemaakgeriewe toegerus, asook 'n wasmasjien en tuimeldroër. Gaste kan in die sitarea voor die TV met YouTube en Netflix ontspan. Daar is onbeperkte WiFi.
Die woonstel is reg voor op die kanaal en gaste kan daar sit en visvang (vang-en-vrylaat-basis). Die kompleks bied maklike toegang tot die strand. Die kompleks beskik oor ’n wasgoedkamer en ’n swembad.
Jeffreysbaai bied verskeie doendinge, soos branderplankry, swem, snorkel, visvang, walviskyk, sandplankry, perdry, bergfietsry, vierwielmotorfietsry en gholf. Gaste kan ook die Jeffreys Bay Surf and Shell Museum besoek of in die Kabeljous Natuurreservaat gaan stap.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Stapelbed
Badkamer
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Badkamer
Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Jacolene Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 15
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Northern Access-weg, Claptons Beach 28, Marina Martinique, 6331, Oos-Kaap
- Gaste dink Claptons Beach 28 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Marina Martinique Jeffreysbaai Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Northern Access-weg, Claptons Beach 28, Marina Martinique, 6331, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang