Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Claptons Beach 28

Langtermynverblyf-aanbod 15% af

Kry 15% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Northern Access-weg, Claptons Beach 28, Marina Martinique, 6331, Oos-Kaap
  • Vanaf R1 430 R1 216 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Claptons Beach 28 is 'n gerieflik gemeubileerde selfsorgwoonstel vir 4 gaste in Marina Martinique, Jeffreysbaai.

Dié dubbelverdiepingwoonstel beskik oor 2 slaapkamers, 1,5 badkamers, kombuis en 'n leefarea Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n stapelbed vir 2. Albei hierdie kamers is op die boonste verdieping. 'n Dubbelslaapbank is in die sitkamer onder beskikbaar. Die badkamer het 'n bad en 'n toilet, en die gastebadkamer het 'n toilet. Daar is ook 'n buitestort teen die woonstel met warm en koue water.

Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas en koffie- en teemaakgeriewe toegerus, asook 'n wasmasjien en tuimeldroër. Gaste kan in die sitarea voor die TV met YouTube en Netflix ontspan. Daar is onbeperkte WiFi.

Die woonstel is reg voor op die kanaal en gaste kan daar sit en visvang (vang-en-vrylaat-basis). Die kompleks bied maklike toegang tot die strand. Die kompleks beskik oor ’n wasgoedkamer en ’n swembad.

Jeffreysbaai bied verskeie doendinge, soos branderplankry, swem, snorkel, visvang, walviskyk, sandplankry, perdry, bergfietsry, vierwielmotorfietsry en gholf. Gaste kan ook die Jeffreys Bay Surf and Shell Museum besoek of in die Kabeljous Natuurreservaat gaan stap.

Kamer-opset

Kapasiteit: 4 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xStapelbed
Badkamer 1

Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Badkamer 2

Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 15 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Marinda B
Gesin met klein kinders
5.0
Ideale gesinsvakansie-eenheid. Die eenheid is ideaal geleë en het alles wat jy kan nodig kry. Groot grasperk in die kompleks en 'n swembad sodat kinde...
Sien meer
Mrt 2024
Robert P
Saam met lewensmaat
5.0
Puik ligging, rustig en veilig, lekker gerus. Op die kanaal, see uitsig, strand, visvang, restaurant als stapafstand. Hoor die branders en seevoëls. L...
Sien meer
Feb 2024
Monique O
Gesin met klein kinders
5.0
Claptons 28, yes please. Sommer nog voor ons aankoms is ons soos 'royalty' behandel. Susan se persoonlike vooraf kommunikasie i.t.v. wat om te doen me...
Sien meer
Apr 2023
Talita J
Gesin met klein kinders
5.0
Ons vakansie in Jeffreys Bay was hemels, en die verblyf by Claptons Beach 28 die beste. Eienaar baie behulpsaam en vriendelik. Claptons Beach 28 uiter...
Sien meer
Mrt 2023
Nicole G
Gesin met klein kinders
5.0
Rustig, netjies en veilig. Eienaar baie behulpsaam en vriendelik. Woonstel baie netjies en skoon.
Jan 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Jacolene Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 15

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Northern Access-weg, Claptons Beach 28, Marina Martinique, 6331, Oos-Kaap
  • Gaste dink Claptons Beach 28 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 430
R1 430 R1 216
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 430
R1 430 R1 216
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Northern Access-weg, Claptons Beach 28, Marina Martinique, 6331, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdebf222f1f8a54483505f4ae3421c4aff6fadde9829567452c726cf4c9ac2aae51cb6188da4a74a91ebbd9d45afa831c3ce8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 430 nouVanaf R1 216 per nag (plek vir 4) 15 5 1 5 Northern Access Road Claptons Beach 28 6331 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.076629908116 24.920527338982

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang