Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Clarens Butterfly Villa

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 18 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Madeleen P
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Feb 2024

Heerlike huis naby alles. Lekker groot huis met alles wat mens nodig het, en loopafstand van alles af, reg oorkant die Protea Hotel in die dorp.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Karen F
1 nag
5.0
Feb 2024

A charming villa in a prime location with views of the stunning mountains. A comfortable and spacious house.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Elza D
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Jul 2023

AMAZING, amazing, amazing! Ons het heerlik gebly, koffie vroeg oggende op die stoep terwyl mens kyk hoe die son oor die berge opkom, rooiwyn in die aand voor die kaggel. Kinders en hondekind was mal oor dit, lekker naby aan als. Ons het heerlik gestap. Beslis 'n moet!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Jopie K
Kort verblyf Saam met lewensmaat
2.4
Aug 2024

Ligging goed, maar eiendom teleurstellend. Huis is goed geleë, maar die fotos is nie wat ons ervaar het nie - huis, meubels en tuin is baie erg verwaarloos - einlik skokkend! Glad nie waarde vir geld nie. Daar is ook nie diefwering aan die deure en vensters nie.

Netheid
1.0
Diens
3.0
Ligging
5.0
Veiligheid
2.0
Waarde vir geld
1.0
Alma
Clarens Butterfly Villa
Hi Jopie. Sjoe, jy het omtrent 'n slegte ervaring gehad. Dis nou jammer, en heeltemal kontrasterend tot die terugvoer wat ons van al ons ander gaste kry. Dit is vreemd dat jy sê die foto's is nie wat julle ervaar het nie, ons het aan die begin van Julie al die beddens, beddegoed, en handdoeke vervang en dieselfde dag nuwe foto's geneem sodat dit op datum is en 'n ware weerspieëling van die Villa gee. Ons het meubels in die sitkamer rondgeskuif en daardie foto's ook geplaas. Dit is belangrik om al die foto's op datum te hou. Oor die tuin, onthou Clarens is geleë in 'n area wat baie lae temperature ervaar gedurende wintermaande en ons het hierdie jaar temperature van -10 grade en laer ervaar. Niks groei in daardie omstandighede nie en dus lyk die tuin dalk verwaarloos, maar dis eintlik net omdat dit hierdie tyd van die jaar is en oor 'n maand lyk alles weer anders. Nou dat ek daaraan dink, besef ek dat daar tot selfs foto's van die winter- en somertuin geplaas is. Hierdie is die eerste en enigste resensie wat ons ontvang het wat sê die huis en meubels is verwaarloos. Ons sal definitief daarna kyk en aandag gee indien nodig. Daar is nie diefwering aan die vensters nie, jy is reg. Dit is eintlik wonderlik as mens besef dat daar nog steeds veilige plekke in Suid-Afrika is waar jou uitsig nie belemmer hoef te word deur tralies nie. Ons het aan die begin van Julie 'n studie gedoen en ons pryse vergelyk met soortgelyke huise in die dorp wat dieselfde ligging het. Dit was baie interessant gewees, want ons het besef dat ons eintlik tot 50% meer kan vra as wat ons tans doen. Ons het nie die pryse verander nie al is dit ons volle reg om dit te doen, en tot nou het ons net positiewe kommentaar ontvang oor ons pryse. Ek sien jy het vir ons 1/5 gegee vir Cleanliness en ek wonder hoekom. Elke keer as ek inspeksie doen nadat die huis ontruim en skoongemaak is, is dit silwer skoon. Ek sal wel met die bestuurder en haar dames gesels en uitvind wat hulle ervaring was sodat ons kan seker maak die fout lê nie by ons nie en as daar is, dat dit nie weer gebeur nie. Dalk sal jy Clarens Butterfly Villa weer 'n kans gee in die toekoms, wanneer dit somer is en die tuin mooi groen en weelderig is.

Kyle P
1 nag Saam met vriende
5.0
Aug 2021

Relaxing and peaceful. Great accomodation will be back.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Dawid J
1 nag Gesin met tieners
5.0
Jun 2021

Baie aangename ondervinding Baie veilige en aangename en goedgeleë plek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Liza C
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mei 2021

Die huis is gerieflik geleë en ruim. Die uitsig was asemrowend en rustig. Ons het heerlik tuis in die huis gevoel en elke kamer het die mooiste uitsig gehad. Die huis is naby genoeg aan die dorpie om te kan stap en kuier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Nelia M
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Jan 2021

Vreeslik lekker gewees. Daar kan dalk ’n spieël in die kamer gesit word vir hare droogblaas en grimering.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Henry L
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Des 2020

Baie netjies en gelieflik. Fasiliteite is van die beste. Ligging is ideaal - loopafstand van winkels en mooi uitsig. Butterfly Villa het aan al ons verwagtinge voldoen. Hierdie is 'n eersteklasfasiliteit.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Gillian M
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Des 2020

Little home away from home. The little house has everything we needed. Being able to bring our dogs was the best. We will be back.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Alma Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 18

Op LekkeSlaap 7 jaar

Vanaf
Vanaf R1 900
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R1 900
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofstraat 408, Clarens, 9707, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2099d5045124b0118a74f7acb67442d395ad172029ba6fc35421444a6f577866178723fb4bc1d834622c44c54f4445e97490?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 900 per nag (plek vir 6) 18 5 1 5 408 Main Street Clarens 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.513273226951 28.422857915344

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang