Hi Jopie. Sjoe, jy het omtrent 'n slegte ervaring gehad. Dis nou jammer, en heeltemal kontrasterend tot die terugvoer wat ons van al ons ander gaste kry.
Dit is vreemd dat jy sê die foto's is nie wat julle ervaar het nie, ons het aan die begin van Julie al die beddens, beddegoed, en handdoeke vervang en dieselfde dag nuwe foto's geneem sodat dit op datum is en 'n ware weerspieëling van die Villa gee. Ons het meubels in die sitkamer rondgeskuif en daardie foto's ook geplaas. Dit is belangrik om al die foto's op datum te hou.
Oor die tuin, onthou Clarens is geleë in 'n area wat baie lae temperature ervaar gedurende wintermaande en ons het hierdie jaar temperature van -10 grade en laer ervaar. Niks groei in daardie omstandighede nie en dus lyk die tuin dalk verwaarloos, maar dis eintlik net omdat dit hierdie tyd van die jaar is en oor 'n maand lyk alles weer anders. Nou dat ek daaraan dink, besef ek dat daar tot selfs foto's van die winter- en somertuin geplaas is.
Hierdie is die eerste en enigste resensie wat ons ontvang het wat sê die huis en meubels is verwaarloos. Ons sal definitief daarna kyk en aandag gee indien nodig.
Daar is nie diefwering aan die vensters nie, jy is reg. Dit is eintlik wonderlik as mens besef dat daar nog steeds veilige plekke in Suid-Afrika is waar jou uitsig nie belemmer hoef te word deur tralies nie.
Ons het aan die begin van Julie 'n studie gedoen en ons pryse vergelyk met soortgelyke huise in die dorp wat dieselfde ligging het. Dit was baie interessant gewees, want ons het besef dat ons eintlik tot 50% meer kan vra as wat ons tans doen. Ons het nie die pryse verander nie al is dit ons volle reg om dit te doen, en tot nou het ons net positiewe kommentaar ontvang oor ons pryse.
Ek sien jy het vir ons 1/5 gegee vir Cleanliness en ek wonder hoekom. Elke keer as ek inspeksie doen nadat die huis ontruim en skoongemaak is, is dit silwer skoon. Ek sal wel met die bestuurder en haar dames gesels en uitvind wat hulle ervaring was sodat ons kan seker maak die fout lê nie by ons nie en as daar is, dat dit nie weer gebeur nie.
Dalk sal jy Clarens Butterfly Villa weer 'n kans gee in die toekoms, wanneer dit somer is en die tuin mooi groen en weelderig is.