Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Clarens Cottage

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Malherbestraat, Clarens Cottage 3, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Vanaf R2 200 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Clarens Cottage is pragtig gemeubileerde selfsorg-verblyf wat troeteldiervriendelik is in ’n stil area van Clarens. Dis lekker naby die dorpie se winkels en geriewe, asook baie van die roetes in die Clarens Village Bewarea.

Die kothuis bied slaapplek aan 4 gaste en het 2 slaapkamers, 2 badkamers en ’n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het ’n koningingrootte-bed en en suite-badkamer met ’n bad, stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens wat in ’n koninggrootte-bed om skep kan word op versoek. Die tweede badkamer het ’n stort, toilet en wasbak en albei badkamers beskik oor handdoeke en lyfseep.

Alle beddens het elektriese komberse en die eenheid het vrystaande waaiers en verwarmers. ’n Bababedjie (660 x 940) met beddegoed is beskikbaar op versoek. Digitale kluise en haardroërs is beskikbaar in albei kamers.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en het ’n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Daar is ook ’n ontbyttoonbank met stoele en tee en koffie word voorsien. Die eetarea het sitplek vir 4 en die sitarea het ’n gemaklike bank en TV teen die muur met DStv Premium. WiFi is ingesluit. Daar is ook ’n heerlike kaggel.

Die leefarea lei na ’n onderdakstoep en Weber-braaigeriewe is beskikbaar, muuraanstekers, brikette en hout word nie voorsien nie. Die enkelmotorhuis voorsien veilige parkeerplek en dis perfek vir troeteldiere om in te bly aangesien dit na ’n omheinde tuin lei.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
DStv
Kaggel
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 34 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Ramona H
5.0
Gerieflik, snoesig en skoon. Baie lekker! Sal weer gaan.
Jun 2024
Sonja B
Saam met lewensmaat
5.0
Kersfees in Clarens. Heerlike blyplek. Mens kan stap waar jy wil wees.
Jan 2024
Christo V
Gesin met tieners
5.0
Baie netjies en goed ingerig vir ons klein vierbeen-kids. Ons kon honde met geruste hart los toe ons die Saterdag gaan rondry.
Jul 2023
Thelma B
Saam met vriende
5.0
Heerlike, rustige omgewing. Cottage is baie netjies en ten volle toegerus. Heerlike warm kaggelvuur vir koue winteraande. Vriendelik ontvang en alles ...
Sien meer
Jun 2023
Charmaine C
Gesin met tieners
5.0
Lovely Cottage. Perfect for families and dogs. We had a wonderful stay at Clarens Cottage. Lynda was very helpful whenever we needed an...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Lynda Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 62

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Malherbestraat, Clarens Cottage 3, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Clarens Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 200
per nag, vir 4 mense
Vanaf
Vanaf R 2 200
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Malherbestraat, Clarens Cottage 3, Clarens, 9707, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2acebde8eac36e792534ecb5d3050ba6f9606271dff098bca6ad00f596f7973fb2e94433ec9d05d0b8d0f237dfb21eb5cc7e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 200 per nag, vir 4 mense 34 5 1 5 Malherbe Street Clarens Cottage 3 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.518891722135 28.41594957791

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang