Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Claridge Heights 305

Selfsorg
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Clarence-weg, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 100 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Claridge Heights 305 is 'n ruim woonstel op die eerste verdieping en dit bied slaapplek aan 5 gaste. Die woonstel is in 'n bekende kompleks in die hartjie van Ramsgate-sentraal. Dit het 'n uitstekende ligging reg oorkant Ramsgate se vernaamste Blouvlagstrand en -strandmeer met 'n pragtige uitsig vanuit die sitarea, eetarea en tweede slaapkamer.

Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet, wasmasjien en wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en daar is 'n ekstra enkelbed in die gang langs die kombuis. Die tweede badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Linne is ingesluit. Gaste moet asb. hul eie bad- en strandhanddoeke saambring.

Die kombuis is met 'n mikrogolf, stoof en yskas toegerus. Die sitarea het sitplek vir 6 gaste en 'n platskerm-TV met 'n DStv-koppelpunt. Gaste moet hul eie dekodeer, slimkaart en kabels saambring indien hulle DStv wil kyk. Andersins kan hierdie items by 'n plaaslike handelaar in Margate gehuur word. Dit is belangrik om te let dat hierdie eenheid nie met PVR- of Explora-toestelle versoenbaar is nie.

Die eenheid het 'n aangewese motorhuis en ekstra besoekersparkeerplek naby die hoofhek. Daar is ook 'n gemeenskaplike braai-area op die perseel.

Kamer-opset

Kapasiteit: 5 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Bad, Toilet
Badkamer 2

Stort, Toilet

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Badkamer

  • Bad
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
3.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Mandy Geverifieer

Eiendomme 88

Resensies 396

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Clarence-weg, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Claridge Heights 305 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 100
per nag (plek vir 5)
Vanaf
Vanaf R1 100
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Clarence-weg, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1b54c008596d3ef6394a1586544ddbd75083d634f6b1c7b0af7d3646a8e33635b9f558207f8a5aae2ef96779362b1668d88a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag (plek vir 5) 1 5 1 5 Clarence Road Ramsgate 4285 KwaZulu-Natal 021 201 8901 15:00-23:00 09:00 -30.889346 30.346756

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang