Bree Street Apartment
Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 21 Mrt 2025 tot 30 Apr 2025.
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bree-straat 50, The Barracks Eenheid 505, Kaapstad, 8000, Wes-Kaap
-
Vanaf
R2 070R1 656 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Bree Street Apartment bied 'n uitnodigende toevlugsoord in die lewendige hartjie van Kaapstad en spog met die ideale ligging vir vakansiegangers en sakereisigers. Hierdie moderne, maar ook geskiedkundige ontwikkeling is naby die bekende V&A Waterfront en die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum.
Dié ateljeewoonstel het lugversorging, slaapplek vir 2 gaste en beskik oor 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Die kombuisie is met moderne geriewe, soos 'n eenplaat-induksiestoof, mikrogolfoond, Nespresso-masjien, oond, yskas, oorgenoeg eetgerei en breekware toegerus. Onbeperkte, vinnige WiFi is beskikbaar. Die leefarea het 'n sagte rusbank en 'n TV met Netflix. Gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike swembad.
Bree Street Apartment dien as die ideale basis om die bekoring van Kaapstad te verken en Breestraat se bedrywige omgewing te geniet. Twee restaurante is gerieflik in die woonstelblok geleë en bied 'n heerlike kulinêre ervaring. Alternatiewelik kan gaste die magdom eetplekke oorkant die pad verken en alles is binne stapafstand.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Jeanne Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 5
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Bree-straat 50, The Barracks Eenheid 505, Kaapstad, 8000, Wes-Kaap
- Gaste dink Bree Street Apartment het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bree-straat 50, The Barracks Eenheid 505, Kaapstad, 8000, Wes-Kaap