Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Clivia Lodge and Conference Centre

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 17 resensies

Uitstekend

Netheid
4.4
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.6
Penny T
1 nag
5.0
Jul 2024

Was pleasant and what we expected. A perfect stopover for our group of 3 families travelling back to the Eastern Cape after a Kruger Park holiday. Nothing fancy but a nice meal in the restaurant (choice of chicken schnitzel or steak). Clean rooms and a nice bacon and egg breakfast. Ticked the box for what we needed.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Blanca P
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Mrt 2024

Tuis, gemaklik, hartsmense, lekker geselskap. Baie dankie vir die gasvryheid! Die beste chef en die gaafste hartsmense. Ons het tuis gevoel en baie gemaklik gebly vir 3 aande. Ekstra liefde aan oom en tannie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Etna A
1 nag Gesin met tieners
4.8
Mei 2024

Ons het 'n rustige tyd gehad. Ons het die verblyf geniet en dit was lekker rustig.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Sammy B
Kort verblyf Gesin met klein kinders
3.8
Mei 2024

Rustige, mooi plekkie vir 'n wegbreek. Ons het lekker gebly. Gemaklike, oulike plek. Ontbyt was lekker. Die tuine is pragtig en die uitsig oor die rivier is net so mooi! Die kinders het dit baie geniet.

Netheid
3.0
Diens
4.0
Ligging
3.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Melanie S
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Mrt 2022

'n Lekker bederf. Ons het heerlik en gemaklik oornag by Clivia Lodge. Dit was eintlik net 'n oornag om atletiek by te woon, maar ons was bederf elke oggend met ontbyt en heerlike braaivleis. Die bestuurder is baie vriendelik en behulpsaam. Die bestuurder se oog vir 'n mens se behoeftes en sy ekstra moeite maak beslis die stop die moeite werd. 'n Spesiale dankie aan die bestuurder vir 'n lekker wegbreeknaweek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Nolene L
1 nag Gesin met tieners
4.0
Jul 2022

Gasvryheid en etes is puik. Die warm gasvryheid en puik etes maak op vir die pad na Clivia Lodge. Die kortste roete volgens die GPS is nie altyd die beste nie. Maak seker van die beste roete.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
3.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
5.0

Combrinck L
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Jun 2021

Pragtige lodge op die Vaalrivier. Ek en my metgesel het dit baie geniet om hier te oornag. Netjiese kamers en die lodge het 'n baie mooi rivierfront. Was op die hande gedra gedurende ons verblyf en sal beslis weer daar gaan uitspan.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Innis B
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.0
Sep 2019

Baie rustige atmosfeer, goeie diens maar swak ontbyt. Ons het die tyd daar baie geniet en kan dit vir toekomstige reisigers aanbeveel. Ons het egter twee probleme ondervind wat die verblyf effens benadeel het. Eerstens het ons nie die kamer gekry wat ons bespreek het en waarvoor ons betaal het nie. Ek het spesifiek die dubbelverdieping-eenheid bespreek met die hoofslaapkamer op die boonste verdieping en die kinders se kamer op die grondvloer by die TV. Die eenheid wat ons gekry het was enkelverdieping sonder 'n hoofslaapkamer. Die dubbelbed was letterlik in die sitkamer by die TV. Gevolglik was dit lastig wanneer ek wou gaan slaap en die kinders wil dalk nog TV kyk. Tweedens het ons die opsie gekry om eerder kospakkies vir ontbyt te kry aangesien ons vroeg elke oggend moes ry na die sportbyeenkoms waarvoor ons daar was. Alhoewel die idee baie gaaf was en die kospakkies elke oggend betyds was, was die kospakkies uiters swak. Ons het basies elke oggend 'n sny brood met eier gekry. Ek voel regtig vir die prys vir drie nagte se verblyf, kan die ontbyt beter wees. Iets oos joghurt of muffins sou 'n gawe afwisseling wees. Ons het nie een oggend die ontbyt geniet nie en moes op pad na die sport iewers stop vir kos vir die kinders. Weens hierdie twee probleme voel ek dat die prys te duur is vir wat mens kry. Regtig nie baie goeie waarde vir geld nie. Dit is egter iets wat baie maklik opgelos kan word deur die bestuur.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
3.0

Dirk V
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Feb 2018

Baie aangenaam en netjies. Die gasvryheid was van hoogstaande gehalte! Werklik waarde vir geld en die ontbyt was uitstekend! Ek sal met vrymoedigheid aanbeveel! Baie dankie!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ursula P
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Feb 2018

Baie netjies. Great vir oornagverblyf! Behalwe dat daar nie aircons of waaiers in die kamers was nie, was die verblyf lekker en netjies.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Willem Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 17

Op LekkeSlaap 9 jaar

Vanaf
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R1 200
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 29 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Loch-laan 19, Vaalrivier, Lochvaal, 1911, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA47adfd05e3ce82ec82ebcc5a830e65c7a1a19bba530f3085c339a038de01ce5b8be5dbb81b302137e023f8be72f72553110b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2) 17 5 1 5 19 Loch Avenue Vaal River 1911 Gauteng 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -26.742937253274 27.708812355995

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang