Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Coastal Haven

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Geen kinders onder 10
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Hoofweg 33, Misty Cliffs, 7975, Wes-Kaap
  • Vanaf R5 000 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Coastal Haven is 'n pragtige, opgeknapte dubbelverdieping-selfsorghuis teen die see in Misty Cliffs, Kaapstad. Misty Cliffs is 'n bewarea naby Scarborough en Kommetjie, en net 45 minute se ry vanaf die V&A Waterfront en 15 minute se ry vanaf die groot winkelsentrum in Noordhoek.

Coastal Haven is 'n ruim en gerieflike huis met baie natuurlike lig en 'n mooi uitsig oor die kus wat net 'n paar meter van die huis af is. Dié huis is teen die strand en die pragtige blou Atlantiese Oseaan geleë. Daar is rotse en rotspoele om te verken en branderplankryers sal mal wees oor die branders.

Die huis is geskik vir 8 gaste en het 4 slaapkamers, 4 badkamers en 'n groot oopplan-kombuis en -leefarea, asook 'n eetkamer. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Dié slaapkamer lei na 'n balkonnetjie met 'n tafel en stoele. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n balkon wat na die see front. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens en toegang tot 'n aparte badkamer met 'n stort en bad. Dit bied ook 'n pragtige uitsig oor die see en lei na 'n dek wat na die see front.

Die kombuis is met 'n stoof, dubbeloond, mikrogolf, ketel, broodrooster en 'n toonbank met stoele toegerus. Die sitarea spog met gemaklike rusbanke en 'n TV-kamer wat 'n platskerm-TV het. Dié area lei na die eetkamer waar daar 'n etenstafel vir 8 is. Dié 2 areas lei dan na 'n stoep en 'n swembad-area met stoepmeubels en 'n see-uitsig. Daar is ook 'n groot braai op die stoep.

Die oprit is steil en daar is net parkeerplek vir 3 voertuie.

Kom geniet 'n rustige vakansie in dié skouspelagtige omgewing en bewonder die pragtige sonsondergange oor die see met die berge in die agtergrond.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 4 Slaapkamers 4 Badkamers, 3 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
DStv
Kaggel
Braai

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 9 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.0
Diens
4.4
Veiligheid
4.3

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Ralph Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 9

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Hoofweg 33, Misty Cliffs, 7975, Wes-Kaap
  • Gaste dink Coastal Haven het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 5 000
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R 5 000
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Geen kinders onder 10
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Hoofweg 33, Misty Cliffs, 7975, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA461a659e821cc4f9a1b2e56a9fe8f5ef111226bf304fa4949754ff90040ac1362e6e1343cbf43d6cbc900b9d32aef1494d01?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 000 per nag (plek vir 8) 9 5 1 5 33 Main Road Misty Cliffs 7975 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 11:00 -34.182815919552 18.360801146825

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang