Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Cock & Bull

Gastehuis
  • Kapasiteit: 24 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R512, Hartbeespoort, 0280, Noordwes
  • Vanaf R750 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Cock & Bull bied 'n kroeg, restaurant en verblyf aan die voorheuwels van die Magaliesberge. Cock & Bull is 40 minute vanaf Pretoria, Johannesburg en Rustenburg en 7 km vanaf Hartebeespoortdam aan Sun City se kant geleë.

Die verblyf is perfek vir sakereisigers en enige iemand wat van die aktiwiteite in en om Hartbeespoort wil gebruik maak.

Die kamers is nie vir selfsorg toegerus nie, behalwe Kamer 13 en 14, maar is wel gerieflik vir oornagverblyf. Etes en drankies kan by die restaurant op die perseel bestel word wat daagliks ontbyt, middagete en aandete bedien. Ontbyt is nie by die tarief ingesluit nie. Gaste kan ook met 'n drankie in die pragtige tuin agteroor sit.

Die houthuise is vir reisigers en is ideaal vir gaste wat troues en partytjies bywoon. Die houthuise is langs mekaar geleë en bied slaapplek aan 2 gaste elk. Elke houthuis het lugversorging, WiFi, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n yskas.

Die gastekamers is met gaste se gerief in gedagte ontwerp en gemeubileer. Die gastehuis het 4 kamers wat reg langs die kroeg geleë is, maar dis ook privaat met hul eie ingange. Elke kamer 'n TV, WiFi, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n yskas.

Daar is 2 gesinskamers met slaapplek vir 4 gaste elk. Hierdie oopplan-eenhede is vir gesinne of vriende geskik en is ten volle vir selfsorg toegerus, met al die nodige geriewe soos lugversorging, 'n TV, WiFi en 'n yskassie, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe.

Die hoogtepunt van die perseel is die Cock & Bull-restaurant en -kroeg wat met heerlike biefstukke, tuisgebakte pasteie en tuisgemaakte aartappelskyfies spog. Daar is 3 groentetuine op die perseel, so die bestanddele is vry van plaagdoders.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete
  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.2/ 5

Gebaseer op 176 resensies

Baie goed

Netheid
4.1
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.0
Diens
4.1
Veiligheid
4.3
Wat gaste dink
Anneke L
Saam met vriende
5.0
Perfekte plek vir oorslaap. Perfek vir een nag se oorslaap en die ontvangs is baie vriendelik en hulpvaardig. Ons het ongelukkig nie tyd gehad om die ...
Sien meer
Sep 2024
Teresa R
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig en lekker. Dit was baie lekker kuier en blyplek, alles op een plek. Die kos was goed geprys en baie smaaklik. Die gratis hout sakkie het ook 'n...
Sien meer
Aug 2024
Quinton W
Gesin met tieners
5.0
Netjies, skoon en gerieflik. Verblyf was heerlik, vriendelik en skoon. Baie dankie, sal weer daar gaan bly.
Jul 2024
Chantelle B
Saam met lewensmaat
5.0
Tops. Die kamer was netjies en skoon. Die perseel se waterpomp het uitgeskop en daar was nie warm water die aand nie. Ek het haar gekontak en sy het d...
Sien meer
Jul 2024
Ria R
Saam met lewensmaat
5.0
Puik. Dit was heerlik. Alles is skoon en netjies. Die room service is puik. Daai vereduvet en kussings het my hart gesteel. ️.
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.2/5

Andrew Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 176

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • R512, Hartbeespoort, 0280, Noordwes
  • Gaste dink Cock & Bull het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R750
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R750
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 24 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R512, Hartbeespoort, 0280, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDUyY2M3ODMwLWUxNTMtNGI1Ni05YjhiLTliYzk5MWQ4ZDIyMg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag (plek vir 2) 176 5 1 5 R512 Hartbeespoort 0280 Noordwes 021 201 8901 12:00-20:00 10:00 -25.719483 27.780981

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang