Cockleshell 6
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Noord Strandweg 116, Westbrook, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
- Vanaf R6 136 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Cockleshell 6 is 'n vrystaande huis teen die strand in 'n privaat kompleks in Westbrook Beach. Dié plekkie is aan KwaZulu-Natal se noordkus tussen Ballito en La Mercy. Die huis is net 'n paar meter van die strand af.
Daar is 5 dubbelslaapkamers met slaapplek vir 6 volwassenes en 4 kinders. Die hoofslaapkamer is en suite, en die ander 4 slaapkamers deel 2 badkamers. Die eenheid het 'n volledig toegeruste kombuis en 'n dubbelmotorhuis. Daar is 'n TV in die sitkamer met DStv. Linne word voorsien, maar bring jou eie bad- en strandhanddoeke saam. Daar is lugversorging in die leefarea. 'n Klein kluis is beskikbaar. Daar is WiFi en 'n omsetter. Die huis het sy eie watertenk met 'n pomp. Die verblyf maak gebruik van sonkrag vir die huis. Die stoof, geiser en lugversorging werk nie met sonkrag nie.
Die kompleks maak gebruik van 'n afstandbeheerde hek by die ingang en 'n toesluitbare hek wat na die strand lei. Slegs gaste het toegang tot hierdie strand. Parkeerplek is beskikbaar vir 3 voertuie, insluitend 'n sleepwaentjie. Die kompleks het ook 'n gemeenskaplike swembadarea.
Die huis word daagliks skoongemaak, buiten Sondae en openbare vakansiedae. Ons doen nie besprekings vir onvergeselde onder 25's nie. Ten minste 1 persoon in die groep moet ouer as 25 wees.
Die ligging is ideaal vir inkopies by Gateway en La Lucia Mall asook uitstappies na Ballito wat net 10 km hiervandaan is, sowat 10 minute se ry. Westbrook is een van die stiller strande aan die Noordkus van KwaZulu-Natal. Die wonderlike rotspoele sal die kleinspan ure lank besig kan hou.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Karen Geverifieer
Eiendomme 40
Resensies 534
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Noord Strandweg 116, Westbrook, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Cockleshell 6 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Westbrook KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Noord Strandweg 116, Westbrook, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang