Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

CoCo de Mer Self Catering Logs

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sybille-straat 51, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 550 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

CoCo de Mer Self-catering bied gerieflike selfsorgverblyf net 100 m vanaf Malkopbaai se strand af.

Log Cabin 1 en 2 word via trappe bereik en beskik oor 1 slaapkamer, 'n badkamer, kombuis en sitarea. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en daar is nog 2 enkelbeddens in die leefarea. DIe badkamer het 'n stort en toilet. Linne, badhanddoeke en 'n verwarmer word voorsien.

Die oopplan-kombuisie is met 'n yskas, gasstoof en mikrogolfoond en lugbraaier toegerus en daar is 'n toonbank waar gaste hul maaltye kan geniet. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV, asook WiFi.

Gaste het toegang tot die gemeenskaplike swembad en braaigeriewe. Skaduparkeerplek is beskikbaar en die perseel word met 'n elektriese heining beveilig.

Lambertsbaai bied gaste 'n verskeidenheid buitelug-restaurante en -aktiwiteite soos sandplankry, swem, branderplankry, visvang, 4x4-ritte, veerbootritte na Bird-eiland of gaste kan tussen Augustus en November dophou hoe die dolfyne en walvisse met hul kalfies migreer. Blommetyd is gewoonlik tussen Augustus en Oktober elke jaar.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 34 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Johan V
Saam met lewensmaat
5.0
Ruim netjies en baie veilige parking met vriendelike eienaars. Vriendelik ontvang, ruim kamer, goed toegerus en baie veilige parkeerplek.
Des 2024
Ansie H
Gesin met tieners
5.0
Was baie lekker en ontspannend. Ons het baie lekker gebly. 'n Volle lengte spieël sal dalk 'n aanwins wees, maar verder is alles daar wat nodig is.
Nov 2024
Kobus N
Besigheidsreis
5.0
Baie lekker en rustig, sal dit aanbeveel. Baie gemaklik, skoon en netjies met alles wat jy nodig het.
Mei 2024
Elton J
Saam met lewensmaat
5.0
Baie rustig en lekker naweek gehad by julle. Ja, dit was baie lekker daar by CoCo de Mer Self Catering Logs. Baie stil en die see is 100m van jou af, ...
Sien meer
Mrt 2024
Yolandi W
Gesin met tieners
5.0
Sal dit definitief aanbeveel. Pragtig! Pragtige plek, meer as wat ons verwag het. Heerlike beddens en beddegoed.
Des 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Willem Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 34

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Sybille-straat 51, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
  • Gaste dink CoCo de Mer Self Catering Logs het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 550
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 1 550
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sybille-straat 51, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAda9811229ecdb89a7faec7179c39b6fc19b16458aa3501b6f36716663f0cbd0d7b97f47bdf6f5b530babcd4d0c8e2abbdb02?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 550 per nag (plek vir 4) 34 5 1 5 51 Sybille Street Lambert's Bay 8130 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -32.102259540448 18.305628670647

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang