CoCo de Mer Self Catering Logs
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sybille-straat 51, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
- Vanaf R1 550 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
CoCo de Mer Self-catering bied gerieflike selfsorgverblyf net 100 m vanaf Malkopbaai se strand af.
Log Cabin 1 en 2 word via trappe bereik en beskik oor 1 slaapkamer, 'n badkamer, kombuis en sitarea. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en daar is nog 2 enkelbeddens in die leefarea. DIe badkamer het 'n stort en toilet. Linne, badhanddoeke en 'n verwarmer word voorsien.
Die oopplan-kombuisie is met 'n yskas, gasstoof en mikrogolfoond en lugbraaier toegerus en daar is 'n toonbank waar gaste hul maaltye kan geniet. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV, asook WiFi.
Gaste het toegang tot die gemeenskaplike swembad en braaigeriewe. Skaduparkeerplek is beskikbaar en die perseel word met 'n elektriese heining beveilig.
Lambertsbaai bied gaste 'n verskeidenheid buitelug-restaurante en -aktiwiteite soos sandplankry, swem, branderplankry, visvang, 4x4-ritte, veerbootritte na Bird-eiland of gaste kan tussen Augustus en November dophou hoe die dolfyne en walvisse met hul kalfies migreer. Blommetyd is gewoonlik tussen Augustus en Oktober elke jaar.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Willem Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 33
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Sybille-straat 51, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
- Gaste dink CoCo de Mer Self Catering Logs het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Lambertsbaai Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sybille-straat 51, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang