Comfy and Private Guest House
Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 4 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sunnyside-laan 29, Lakefield, Benoni, 1501, Gauteng
-
Vanaf
R550R495 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Comfy and Private Guest House is op die gasheer se perseel geleë, in 'n veilige, ontluikende area in Benoni. Die eiendom is ideaal geleë sowat 15 km vanaf O.R Tambo Internasionale Lughawe, en naby ander geriewe en besienswaardighede in die area.
Verblyf word gebied in 'n selfsorgkothuis en 'n gastekamer.
Die gastekothuis het slaapplek vir 2 gaste en bestaan uit 1 slaapkamer en 1 badkamer. Die slaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en die badkamer is toegerus met 'n aparte bad en 'n stort, 'n wasbak en 'n toilet. Handdoeke en beddegoed word voorsien. Die kombuis het 'n yskas, 'n mikrogolfoond, 'n oond met 'n stoof, 'n koffiemasjien en ander toebehore. Die leefarea lei na die tuin met 'n braai-area vir gaste om te gebruik.
Die gastekamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, 'n bad, 'n wasbak en 'n toilet. Die kamer het 'n kantoorarea met 'n lessenaar en 'n stoel. Dit het 'n basiese kombuisie wat toegerus is met verhit-en-eetgeriewe.
Gratis WiFi-toegang is beskikbaar. Gaste het toegang tot die swembad op die perseel, en daar is veilige parkeerplek vir 1 motor beskikbaar.
Die eiendom is ook naby Korsman Bird Sanctuary geleë, en ongeveer 3 km vanaf Willowmoore Park en 4,5 km vanaf Northmead Mall.
Van Maandag tot Donderdag (veral vir sakereise) is die gasheer bereid om 'n ete in die nag teen 'n ekstra koste aan te bied. Kontak hulle asseblief direk indien jy sou belangstel.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
- Piekniekmandjies Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Kantoorgeriewe
- Sekretariële Geriewe
- Internet
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Kontant
- Forex
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Gary Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 3
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Sunnyside-laan 29, Lakefield, Benoni, 1501, Gauteng
- Gaste dink Comfy and Private Guest House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Westdene Benoni Johannesburg Gauteng
- Kapasiteit: 4 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sunnyside-laan 29, Lakefield, Benoni, 1501, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang