Comorant House
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Cormorantstraat 6, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
- Vanaf R1 940 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Comorant House is 'n selfsorg-vakansiehuis met 'n swembad op die Golden Mile in St. Helenabaai in die Wes-Kaap. Dit is ideaal vir 'n gesin of vriende wat op soek is na gerieflike verblyf naby verskeie aktiwiteite en vermaak. Die huis het slaapplek vir 6 volwassenes en 2 kinders.
Die huis beskik oor 3 ruim slaapkamers met 2 en 'n halwe badkamers waarvan 1 en suite is. Die slaapkamers is netjies en oulik versier. Elke kamer bevat 'n koningingrootte-bed. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Die ander 2 kamers het elk 2 enkelbeddens en gaste deel die ander badkamer met 'n stort en 'n bad, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuis en eetarea is oopplan en het 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, oond met 'n stoof, 'n skottelgoedwasser, oorgenoeg ingeboude kaste om breekware en eetgerei te stoor en ander toebehore. Die sitarea het gerieflike sitplek en 'n dubbelslaapbank vir 2 mense. Verder is daar 'n kaggel om gaste warm en knus te hou op winteraande en 'n TV met sekere DStv-kanale en gratis WiFi.
Buite is daar braaigeriewe en 'n piekniektafel waar gaste lekker kan kuier en al fresco-etes kan geniet, of sommer net 'n luilekker dag langs die swembad kan deurbring. Die huis het ook 'n omheinde tuin waar kinders veilig kan speel.
Daar is veilige parkeerplek beskikbaar. Binne 'n paar minute se ry kan gaste 'n hele rits besienswaardighede en aktiwiteite aantref. Dit sluit in 4,5 km se strand, perdry en gholf, walvis- en dolfynkyk in seisoen en dan is daar ook winkels, restaurante, 'n spa en nog baie meer.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.7/5
Malande Geverifieer
Eiendomme 7
Resensies 72
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Cormorantstraat 6, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
- Gaste dink Comorant House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Golden Mile St. Helenabaai Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Cormorantstraat 6, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap