Compass House Boutique Hotel
- Kapasiteit: 30 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Kloofweg 154, Bantrybaai, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
- Vanaf R6 100 per nag (plek vir 2)
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Compass House Boutique Hotel is 'n modieuse B&B in Bantrybaai, Kaapstad. Dié gastehuis bied prentjiemooi uitsigte van die Atlantiese Oseaan en die area.
Verblyf by Compass Boutique Hotel beskik oor 15 suites wat uniek versier is. Dié kamers het elkeen 'n koningingrootte-bed of 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer.
Elke kamer het ook 'n klanksisteem in die muur met 'n radio en 'n groot musiekversameling, lugversorging, gratis WiFi, 'n TV met 'n DVD-speler, 'n musiekkoppelstasie, groot lessenaar met multi-kragproppe, 'n elektriese kluis, Nespresso-koffiemasjien en verskeie ander luukshede.
Ontbyt word in die eetarea voorgesit en middagete en heerlike aandetes kan gereël word. Die gastehuis het ook 'n randvloeiswembad van 20 meter op die dek en dit kyk uit oor die see.
'n Lughawependeldiens en portierdiens is ook beskikbaar.
Compass House Boutique Hotel is 'n paar minute se ry vanaf die strand, winkels en restaurante langs die Atlantiese kus.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Kloofweg 154, Bantrybaai, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Bantrybaai Atlantiese Seekus Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 30 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Kloofweg 154, Bantrybaai, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang