Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Conductors Inn

Resensies

3.8/ 5

Gebaseer op 10 resensies

Goed

Netheid
4.2
Ligging
3.9
Waarde vir geld
3.7
Diens
3.0
Veiligheid
4.0
Marnel K
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.4
Jul 2023

Baie mooi. Presies soos die foto's.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Jacus P
1 nag Saam met vriende
3.8
Feb 2023

Interessante en gerieflike blyplek naby winkel en brandstof. Die ou trein is slim ingerig met alle geriewe wat nodig is. Gerieflike slaapplek en naby lekker winkels en brandstof. Het die oornag geniet.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
3.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Marianne R
1 nag Saam met lewensmaat
3.0
Aug 2023

Nie 'n goeie ervaring nie. Eerstens was hulle nie reg vir ons nie. Die warm water het nie gewerk nie of was nie aangeskakel nie. Die yskas was nie aan nie. Die restaurant het ook nie veel variëteit nie.

Netheid
2.0
Diens
1.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
2.0

Emsie S
1 nag Gesin met tieners
5.0
Jun 2022

Oulik plek. Met aanskoms mag dit dalk bietjie lyk soos 'n taxi rank, maar dis baie veilig. Iets om te sien hoe die trein trokke in kamers omskep is, baie netjies en skoon. Suite 9 perfekte atmosfeer met die kaggel in die kamer. 'n Definitiewe-weer-besoekplek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Coen V
1 nag Saam met lewensmaat
4.2
Okt 2022

Was net een nag daar maar alles was puik. Ek sal aanbeveel dat hulle voor elke kamer 'n tafel met bankies sit.

Netheid
5.0
Diens
1.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Jan V
Kort verblyf Saam met vriende
4.0
Sep 2021

Lekker gebly en naby aan alles. Mooi omgewing en gerieflik.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Leon K
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Jun 2019

Oornagverblyf. Ons het vir twee nagte hier gebly. Die kamers was baie skoon en netjies. Die ervaring was anders as die gewone gastehuiskamers en het 'n blywende indruk op almal gelaat.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Annalien T
Kort verblyf Gesin met klein kinders
3.0
Jul 2019

Lovely experience. We enjoyed staying there. The bed and towels were clean and we had an excellent night's sleep. The TV didn't work, even after following the instructions because of a weak signal, but the WiFi signal was strong, so we didn't mind. The toilet did leak, though, and should be fixed. I can recommend staying over for one or two nights.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
2.0
Veiligheid
2.0
Waarde vir geld
3.0

Kobus P
Kort verblyf Saam met lewensmaat
2.8
Jun 2019

Nie te sleg. Die kamer binne is skoon en meeste wat nodig is vir net 'n oorslaap. Ons het 2 nagte geboek. Daar is nie 'n asdrom binne om jou tee/ koffiesakkies wat die 1ste dag voorsien is weg te gooi nie. Die tee /koffie en suiker is nie die 2de dag weer aangevul nie. Moes ons eie koop en gebruik. Die stort is heerlik en als skoon binne. Buite is teleurstellend en verwaarloos, nie soos op die foto's nie. Omdat dit by die agterkant van 'n garage is moet daar miskien pallesades om wees sodat jou voertuig veiliger is. Ook buite by die slaapeenhede is nie asdromme waar mens goed kan gooi wat mens in jou voertuig hou tot jy by 'n oornagslaapplek is, waar jy jou voertuig ook net wil skoonmaak en regkry vir die volgende lang skof. Die vrou by die Deli waar ons die sleutels kry was vriendelik en behulpsaam. WiFi in kamer goed. Het 2 goeie nagte gehad afgesien van die ander goed. Daar is 'n paar trappe op na die kompartement se deur wat miskien nie goed is vir ouer mense nie.

Netheid
3.0
Diens
2.0
Ligging
3.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
3.0
Dorothea
Conductors Inn
Goeiemore Kobus Baie dankie vir jul kommentaar. Ons probeer altyd verbeter en waardeer die terugvoering. Die staf is veronderstel om koffie en tee volgende dag ook in te sit, so ek vra om verskoning dat jul nie gekry het nie, want julle behoort te gekry het, glo my daar is genoeg so baie jammer dat hul nie ingesit het nie. Ek sal dit met hul opneem. Ek wil graag noem dat daar 2 veiligheids wagte op die perseel is 24 uur en dat die hele 18 hektaar omhein is en daarom mense ook nooi om rond te loop tussen die wingerd omdat dit so veilig is. Daar is adromme by die akkomodasie buite, en ook in die kamers, maar ek sal net seker maak dat dit so staan dat mens dit raak sien vir die toekoms, en miskien uitwys aan gaste. As jy miskien vir my kan laat weet wat verwaarloos is en waar ons jul teleurgestel het, sal ek kan werk daaraan. Ons het die trein trokke buit gelos soos ons hul gekoop het, omdat ons van dit gehou het soos dit lyk, oud en verwaarloos maar wat die grasperk of interlocks of alles verder betref probeer ons dit in puik toestand en netjies te hou. Ons wil ons gaste juis verras met die mooi binne teenoor die oud buite van die trein trokke. Sou jul weer Namibia toe kom, laat weet gerus indien jul weer hier sou wou bly sodat ons beter na jul kan kyk volgende keer. Ek sal my bes probeer om jul nie weer teleur te stel nie. Groete, Thea

Rachit J
Kort verblyf Gesin met klein kinders
2.6
Des 2019

Not worth the costs, staff are not friendly, no restaurants or kitchen facilities nearby. You have to check in at the fuel station's till, poor service, no facilities or restaurant or breakfast served. Place would be nice if they would have provided facilities and have better management it would just be the perfect stop over. Overall not recommended for family visits.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
1.0
Ligging
3.0
Veiligheid
2.0
Waarde vir geld
2.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

3.8/5

Dorothea Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 10

Op LekkeSlaap 7 jaar

Vanaf
Vanaf R 1 625
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 625
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 18 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die B1, Tsumeb, 0000, Osjikoto
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8WoxEW4VX4lZ56jrRSOKH91WvbSUulxStiA5C6fV2azjNFbRe8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 625 per nag, vir 2 mense 10 5 1 4 Off the B1 10 km from Tsumeb 0000 Osjikoto 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -19.225621074417 17.659306953373

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang