Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Coogee Bay Apartment 8

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Deary-rylaan 1, Gonubie, 5247, Oos-Kaap
  • Vanaf R1 350 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Coogee Bay Apartment 8 is 'n selfsorgvakansiewoonstel wat in 'n veilige kompleks in die hartjie van Gonubie geleë is. Dit is 'n ideale opsie vir 'n kusvakansie saam met die gesin, want dit het nie net lieflike see-uitsigte nie, maar dit is ook 'n hanetreetjie van 'n klipperige strand af geleë.

Dié woonstel bied gerieflike slaapplek vir 4 gaste op 'n slag en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die hoofslaapkamer het see-uitsigte en is ingerig met 'n dubbelbed, terwyl die tweede slaapkamer 2 enkelbeddens het. 'n Stort, wasbak en toilet is in die badkamer beskikbaar. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. Van die kombuis af lei 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek en 'n TV met 'n volledige verskeidenheid DStv-kanale. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Deur die skuifdeur is daar 'n onderdakbalkon met buitesitplek en 'n Weber-braai wat 'n ideale plek is vir 'n skemerkelkie terwyl jy oor die see uitkyk. Gaste kry veilige parkeerplek binne die kompleks.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Badkamer

  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 4 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.3
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Melanie Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 24

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Deary-rylaan 1, Gonubie, 5247, Oos-Kaap
  • Gaste dink Coogee Bay Apartment 8 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 350
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 1 350
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Deary-rylaan 1, Gonubie, 5247, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2555e40f8b5ef52c653473cff858bbe867cbe75136cec6b321d4229602830c351d53e7a14228802e269db2453b9f6cfcbb84?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 350 per nag (plek vir 4) 4 5 1 5 1 Deary Drive Gonubie 5247 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.939536 28.032508

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang