Janine, ons is verbaas en opreg jammer om te hoor dat julle nie tevrede was met julle onlangse verblyf by Cork Tree Cottage nie. Let egter asb op die verskil tussen 'n selfsorg eenheid in vergelyking met 'n hotel waar kamers daagliks gediens word. Ons bied en adverteer baie duidelik 'n selfsorg eenheid. Ons adverteer nêrens dat ons ons gaste eenheid daagliks diens gedurende korttermyn verblyf nie en is dus jammer dat julle so 'n verkeerde verwagting kon hê. Ter verduideliking beteken selfsorg dat ons ongelukkig nie ons gaste se beddens daagliks vir hulle opmaak nie, nie handdoeke vervang na slegs 1 maal se gebruik nie en oor die algemeen eers skoonmaak na ons gaste finaal uitgeboek het. Soos met julle aanvanklike aankoms aan julle gekommunikeer is, het ons nie ander gaste gehad gedurende die 2 nagte wat julle nie by ons oornag het nie. Daarom het ons aangebied dat julle van julle persoonlike items veilig by ons kon los, indien julle sou wou. Daaruit het ons verstaan julle besef dat ons die gaste eenheid net so vir julle los van julle eerste aand se verblyf tot en met julle terugkeer na 2 dae. Aldus die rede dat ons nie tussenin meer skoongemaak het as om julle vuil skottelgoed vir julle te was nie. Die netheid waarvoor julle vir ons net een ster gee, was dus nie te danke aan iets wat ons nagelaat het om vooraf of na die tyd te doen nie, maar net hoe julle self die eenheid gelos het tussen julle eerste en tweede aankoms. Ons voel die 14 uit 17 resensies se ander gaste wat vir ons 5 sterre vir netheid gegee het (en die ander 3 gaste wat vir ons 4 sterre gegee het), het 'n meer realistiese verwagting gehad en was dus nie onnodig teleurgesteld nie. Moontlik moet julle in die toekoms eerder hotelverblyf as selfsorg oorweeg.