Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Cornerhouse on Conan

Langtermynverblyf-aanbod 40% af

Kry 40% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 21 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Conan-straat 689, Moreleta Park, Pretoria, 0181, Gauteng
  • Vanaf R1 300 R780 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Cornerhouse on Conan is 'n 4-ster gastehuis in 'n stil deel van Moreleta Park, in die ooste van Pretoria.

Verblyf word gebied in 11 eenhede wat toegerus is vir selfsorg met privaat ingange. Alle kamers het en suite-badkamers, verhitte handdoekrelings, 'n TV met OpenView-kanale en gratis WiFi. Linne en handdoeke word voorsien. Die eenhede word daagliks skoongemaak en het toegang tot die wasgoedgeriewe. Ander geriewe in die kamer sluit lugversorging, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n volledig toegeruste kombuisie met 'n mikrogolfoond, broodrooster, 'n tweeplaatstoof en 'n yskassie in.

'n Wasgoeddiens is beskikbaar. Etes kan op versoek en teen 'n ekstra koste voorsien word. Die gastehuis het 'n kragopwekker in geval van beurtkrag.

Gaste het toegang tot braaigeriewe en veilige parkeerplek op die perseel is beskikbaar. Troeteldiere is welkom mits dit vooraf gereël word. Die eiendom is beveilig met elektriese heining en 'n elektriese hek.

Die gastehuis is sentraal geleë binne maklike bereik van Menlyn Park Winkelsentrum, Woodlands Boulevard Winkelkompleks, hospitale, mediese sentrums en gholfbane.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Blaaibord
  • Internet
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 16 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.5
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Bernard J
5.0
Baie lekker gebly in Cornerhouse on Conan. Het was lekker gebly. Baie netjiese en skoon gastehuis.
Sep 2024
Cobus S
Saam met lewensmaat
4.8
Was daar vir familieverjaarsdagm sal weer daar bly. Goed geleë, sal weer daar bespreek.
Apr 2024
Estelle D
4.8
Aangename ervaring. Baie netjiese plek. Stil area en goed geleë. Veilig!
Apr 2024
Nicky J
4.8
Beautiful and conveniently located. I recently discovered this hidden gem, Cornerhouse on Conan, and stayed there for a month. It is co...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2023
Laura B
Saam met lewensmaat
4.6
Beveel die gastehuis definitief aan. Pragtig skoon en netjies. Toegerus met alles wat nodig is.
Mei 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Hannelie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 16

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Conan-straat 689, Moreleta Park, Pretoria, 0181, Gauteng
  • Gaste dink Cornerhouse on Conan het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 300
R 1 300 R 780
per nag, vir 2 mense
Vanaf R1 300
R 1 300 R 780
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 21 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Conan-straat 689, Moreleta Park, Pretoria, 0181, Gauteng
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3abc9e657c44282c8e5aa43ebd57cc861d46db3a3be870cf086be95adc3a2d01ab6cefa84f42565111f4c3f6cc0f381c32ac?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 300 nouVanaf R780 per nag, vir 2 mense 16 5 1 5 689 Conan Street Moreleta Park 0181 Gauteng 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -25.818039857517 28.285009017274

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang