Corona Guest Farm
- Kapasiteit: 24 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: C26, Omtrent halfpad tussen Windhoek en Walvisbaai, Gamsberg, 0000, Khomas
- Vanaf R3 560 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Corona Guest Farm is op die C26 omtrent halfpad tussen Windhoek en Walvisbaai geleë. Dié gasteplaas word deur die berge omring en is reg in die hartjie van die plato aan die voet van die indrukwekkende Gamsberg, een van die hoogste berge in Namibië, geleë.
Die verblyf bestaan uit 4 gesinskamers en 7 standaardkamers wat elkeen individueel versier is en hul eie privaat badkamer bied. Die kamer word via die hoofsitarea en die eetarea bereik. Die gastearea van dié plaas het hoë plafonne en is altyd lekker koel. Daar is 'n versameling antieke items en 'n verskeidenheid eksotiese aandenkings om te bewonder, om nie te praat van die matte, diervelle en kerfwerke nie. Die oopplan-eetarea en -sitarea is langs 'n klein kroeg.
Die gasteplaas bied ook 'n swembad wat weg van die hoofhuis af is. Hier kan gaste in die son baai of in die skadu van die ou Jakarandabome rus. Daar is verskeie doendinge om in die omgewing te geniet waaronder wandelings op soek na rotstekeninge, en die besigtiging en afneem van wild soos die koedoe, gemsbok en die skaars bergsebra.
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Suzanne Geverifieer
Eiendomme 21
Resensies 47
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- C26, Omtrent halfpad tussen Windhoek en Walvisbaai, Gamsberg, 0000, Khomas
- Kapasiteit: 24 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: C26, Omtrent halfpad tussen Windhoek en Walvisbaai, Gamsberg, 0000, Khomas
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang