Cosy Corner
Kry 20% af vir verblyf wat 25 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Baviaanskloof-weg 2, Houtbaai, Kaapstad, 0786, Wes-Kaap
-
Vanaf
R880R704 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Cosy Corner in Houtbaai, Kaapstad , bied gehalteverblyf aan sakereisigers of vakansiegangers. Die skilderagtige Houtbaaistrand is slegs 576 meter van die eenheid af aan die voet van die beroemde Chapmanspiek-rylaan.
Dié grondverdiepingwoonstel beskik oor 1 slaapkamer en bied slaapplek aan 2 gaste. Die slaapkamer het 'n dubbelbed, ingeboude kaste en 'n haardroër, en die badkamer het 'n stort-oor-bad, toilet en 'n wasbak. Gehaltelinne en –handdoeke, sowel as strykgeriewe word voorsien vir gaste se gerief en die slaapkamer lei na 'n stoepie waar gaste kan ontspan of hulle wasgoed ophang.
Die kombuis is met 'n vierplaatstoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus en daar is 'n wasmasjien wat Cosy Corner Hout Bay ideaal maak vir gaste wat 'n bietjie langer wil vakansie hou.
Die sitkamer het gemaklike rusbanke, 'n grootskerm-TV met sekere DStv-kanale, en 'n buitedeur wat na 'n stoepie en 'n privaat tuintjie lei. Daar is ook komplimentêre WiFi in die eenheid.
Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad waarin gaste kan afkoel en daar is veilige parkeerplek op die perseel.
Cosy Corner Hout Bay is in 'n vooraanstaande gedeelte van Houtbaai geleë, slegs 7 minute se stap van die skilderagtige strand en die interessante Houtbaaihawe. Restaurante, koffiewinkels, gimnasiums, supermarkte, banke en apteke is 120 meter en enkele minute se ry van die eenheid af, tog is die buurt stil en boomryk.
Hierdie eenheid is die ideale keuse vir 'n rustige selfsorgvakansie of 'n lekker, vinnige wegbreek.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Rolstoelvriendelik
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Nederlands
- Duits
Konferensiegeriewe
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Stort
- Seep
- Toiletware
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Gedeelde dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
5/5
Erna Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 10
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Baviaanskloof-weg 2, Houtbaai, Kaapstad, 0786, Wes-Kaap
- Gaste dink Cosy Corner het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Houtbaai Atlantiese Seekus Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Baviaanskloof-weg 2, Houtbaai, Kaapstad, 0786, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang