Cottage 2 @ African Olive Country Estate
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Riastuine AH 5, Rietpoort, Parys, 9585, Noordwes
- Vanaf R950 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Cottage 2 @ African Olive Country Estate is 'n bekoorlike selfsorgkothuis wat tussen ander eenhede op die African Olive Country Estate geleë is. Dié plaas vorm die poort na die Vredefortkoepel Wêrelderfenisgebied en is net 1 km vanaf Parys op 'n teerpad geleë, naby genoeg om vinnig die dorp te besoek en ver genoeg om op die platteland te wees.
Die luukse kothuis is tussen ander eenhede geleë, bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n bidet-toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 4 en die sitarea het gemaklike rusbanke, 'n kaggel en 'n TV met OpenView-kanale. Gaste kan egter hulle eie DStv-dekodeerder, -kaart en -afstandbeheer saambring.
Die kothuis lei na 'n stoep met 'n uitsig op die Vredefortkoepel, oor die plaas en 'n eeue oue waterkanaal wat uit die Vaalrivier spruit. Daar is ook 'n gemeenskaplike swembad, 'n Weber-braai en ingeboude braaigeriewe in die lapa. Terwyl gaste op die stoep ontspan, sal hulle dalk 'n paar bokke sien wei.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet met bidet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Forex
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Deon Geverifieer
Eiendomme 5
Resensies 40
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Riastuine AH 5, Rietpoort, Parys, 9585, Noordwes
Sien meer verblyf in Parys Noordelike Vrystaat Noordwes
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Riastuine AH 5, Rietpoort, Parys, 9585, Noordwes
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang