Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Cottage David @ Surf Spray

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Kusweg 21, Marina Beach, 5281, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R950 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Cottage David @ Surf Spray is in Southbroom, Marina Beach geleë. Dié kothuis het 'n lieflike see-uitsig en word omring deur inheemse plantegroei. Dis net sowat 50 m van die strand af. Die stoep en slaapkamer het 'n see-uitsig. Dis ideaal vir 'n gesin met kinders en is ook troeteldiervriendelik. Dis ook stapafstand van visvangplekke af.

Cottage David het slaapplek vir 4 en beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer met 'n instapstort. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en lei na 'n balkon. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Albei kamers het klerekaste en linne en handdoeke word voorsien. Bring net eie strandhanddoeke saam.

Die oopplan-kombuis en -sitkamer lei na 'n stoep met 'n uitsig oor die tuin en 'n panoramiese uitsig oor die see. Die kombuis is met 'n yskas, stoof, skottelgoedwasser, oond, ketel, eetgerei en breekware toegerus. 'n Skoonmaak- en wasgoeddiens kan op versoek teen ekstra koste gereël word.

Die sitkamer het 'n TV met Openview en 'n DVD-speler. Netflix en Showmax is beskikbaar en gaste moet asb. me hul eie rekening inteken. WiFi is ook beskikbaar.

'n Kragomsetter word vir die WiFi, TV en lampe gebruik in die geval van 'n kragonderbreking. Daar is ook 'n watertenk op bystand. Verder is daar 'n veilige toesluit-motorhuis en 24 uur-sekuriteit. Die dorpie het ook bemande sekuriteitskameras en patrollies vir verdere sekerheid.

Marina Beach is ongerep en het Blouvlagstatus. Gholf kan by San Lameer en Southbroom se gholfbane gespeel word en die gewilde visvangbestemmings is net 'n kort entjie se stap.

Kamer-opset

Kapasiteit: 4 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • DVD-speler
  • Internet
  • Televisie
  • Videospeler

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering

Meer oor dié eenheid

  • Nie rook
  • Patio
  • Privaat ingang

Dienste

  • Diens op aanvraag

Badkamer

  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Waaier
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Dvd
  • Tv

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 23 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Candy B
Saam met vriende
5.0
Quaint & cozy sea side delight. Loved the view! Roxy was very helpful and hospitable! Great communication, even assisting with where to...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024
Judy C
Saam met lewensmaat
5.0
N rustige afsaalplekkie, waar jy in rus en vrede jou wegbreek kan geniet. Ons is vriendelik ontvang en die goed toegeruste woonstel was netjies en sko...
Sien meer
Jun 2024
Sarieta N
Saam met lewensmaat
5.0
Fantastiese vakansie blyplek, mooi, veilig en rustig. Fantastiese vakansie. Roxy en Karin het ons baie welkom laat voel. Ons plekkie was puik en het a...
Sien meer
Mei 2024
Lizette A
Saam met lewensmaat
5.0
Ontspan en rus met genoeg dinge om naby te doen. Ons het baie lekker gebly. Dis rustig, op die strand en baie veilig. Die uitsig op die see is pragtig...
Sien meer
Apr 2024
Leoni D
Saam met lewensmaat
5.0
Ons gunsteling vakansie bestemming! Cottage David @ Surf Spray is soos jou eie persoonlike vakansie huis met alles wat mens nodig het om jou verblyf g...
Sien meer
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Karin Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 23

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Kusweg 21, Marina Beach, 5281, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Cottage David @ Surf Spray het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R950
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R950
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Kusweg 21, Marina Beach, 5281, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAefae050f9fcd78b1f0907c12df4a801954de81a4933afd94b6adbbf08d13d45715950d162e6679aa8512b9610191259c39ab?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag (plek vir 4) 23 5 1 5 21 Beach Road Marina Beach 5281 KwaZulu-Natal 021 201 8901 15:00-19:00 09:00 -30.938077820807 30.306445190213

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang