Imbabali Retreat and Venue Cottage 3
- Kapasiteit: 5 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hekpoort-weg R560, Erfdeel RH27, Magaliesburg, 1790, Gauteng
- Vanaf R3 810 per nag, vir 5 mense
Beskrywing
Imbabali Retreat and Venue Cottage 3 is in Hekpoort in Magaliesburg, 'n uur vanaf die bedrywige stede Johannesburg en Pretoria geleë. Dit is in die voorheuwels van die majestueuse Magaliesbergreeks, 'n gebied vol ryk geskiedenis en buitemuurse aktiwiteite.
Dié kothuis bied gerieflike slaapplek aan 5 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die eerste slaapkamer het 3 enkelbeddens, terwyl die tweede slaapkamer 2 enkelbeddens het. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet.
Die leefarea beskik oor 'n kombuis met 'n tweeplaatstoof, mikrogolfoond, yskassie, eetgerei, breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Die sitkamer het gemaklike sitplek en die kothuis bied gratis WiFi. Buite het gaste hul eie privaat stoep met braaigeriewe en 'n plonspoel. Veilige parkeerplek in 'n dubbelmotorhuis is op die perseel beskikbaar.
Imbabali Retreat and Venue bied ’n rustige en ontspannende omgewing met ’n klimraam vir die kinders en ’n restaurant wat ontbyt, middagete, aandete en peuselgoed bedien. Ontbyt kan teen ’n ekstra koste by die kothuis bedien word. ’n TV en gratis WiFi is by die restaurant beskikbaar of gaste kan die geriewe vir konferensies, vergaderings, funksies, troues en spanbou-sessies bespreek. Houtskool, hout en ys is teen ’n ekstra koste beskikbaar.
Imbabali Retreat & Venue is ’n toevlugsoord vir natuurentoesiaste en spog met ’n diverse oorvloed fauna, flora en voëllewe. Die Magaliesberge is die tuiste van 450 voëlsspesies, insluitend die kransaasvoël, grootswartooievaar en witrugnagreier. ’n Gedetailleerde voëllys vir die area is vir kranige voëlkykers beskikbaar.
Daar is ’n verskeidenheid aktiwiteite vir elke lid van die gesin op die perseel. Vir hengelaars is daar baars, karp, kurper en geelvis om op ’n vang-en-vrylaatbasis te vang.
Gaste kan die perseel verken, voëlkyk of ’n spa-behandeling bespreek. Die verblyf beskik oor ’n swembad, veerpyltjiebord, tafeltennis en ’n biblioteek wat gaste kan gebruik.
Kamer-opset
Slaapkamer
3 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Restaurant op Perseel
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Baarshengel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Blaaibord
- Witborde
- Internet
- Televisie
- Plek vir tot 50 afgevaardigdes
- Plek vir 50 of meer afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Catherine Geverifieer
Eiendomme 5
Resensies 22
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Hekpoort-weg R560, Erfdeel RH27, Magaliesburg, 1790, Gauteng
Sien meer verblyf in Wes-Rand Wieg van die Mensdom Gauteng
- Kapasiteit: 5 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hekpoort-weg R560, Erfdeel RH27, Magaliesburg, 1790, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang