Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Cowrie Cove 3

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 19 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.1
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.9
Veiligheid
4.4
Tanya P
Lang verblyf Gesin met tieners
5.0
Sep 2024

Perfect view, veilig en rustig! Sal weer gaan, kort net 'n lekker braai. Verblyf was perfect! Veilig en mooiste views. Strand en dorp is skoon. Sal aanraai dat 'n gasbraai vir die stoep voorsien word. Daar is braais, maar die een by die swembad met die see-uitsig het die bure 'n kattehok gemaak en dit stink vreeslik, wat sad is en nie die verblyf se skuld nie, maar dit sal lekkerder wees as ons op die stoep kon braai. Sal ook nice wees as ons Wifi as ekstra kon kry.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Gerrit V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Apr 2024

Mooiste mooi uitsig! Ons het baie lekker gebly tydens ons buite seisoen opsie by Cowrie Cove 3. Dit was netjies, ruim en het die mooiste uitsig oor die see. Ons motor was veilig onder dak parkering en hekke is gesluit wat ons baie gerus laat voel het, asook die sekuriteitspersoon wat altyd daar was op die terrein. Dit is letterlik 'n paar tree van die winkelsentrum. Die uitsig self was 'n bonus.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Tersia
Cowrie Cove 3
Liewe Gerrit en familie. Dit was 'n absolute plesier om julle as gaste te hê. Baie dankie. Ons sien uit dat julle weer kom kuier.

Wimpie F
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2024

Sal weer daar bly. Heerlike en skoon en baie gasvry en behulpsaam.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Tersia
Cowrie Cove 3
Wimpie, julle is meer as welkom om weer te kom kuier. Dankie dat julle sulke aangename mense is.

Jacolien S
Kort verblyf Gesin met tieners
4.8
Jan 2024

Een van die lekkerste weke van ons lewe. Heerlik en ontspanne.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Tersia
Cowrie Cove 3
So dankie. Dankbaar dat julle lekker gekuier het. Dankie dat julle sulke aangename gaste was. Kom kuier gerus weer.

Lené K
Lang verblyf Saam met lewensmaat
4.6
Aug 2024

Goeie uitsig ek naby winkels. Baie dankie. Dit was heerlik! Pragtige uitsig en gerieflike hekkie na die strand.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Marié V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.2
Feb 2024

Heerlik gekuier. Pragtige, netjiese woonstel en tuin. Ruim, skoon, alles in werkende toestand. Pragtige woonstel met die lekkerste stoep wat 'n uitsig op die see het. Ons is 'n paartjie wat hou van stap, en daar is 'n hekkie wat na die strand toe gaan, maar ons het nie veilig gevoel op die strand nie. Ons het dus na die naaste strande gery en daar gaan stap, en sodoende pragtige plekke ontdek. Umzumbe is een van die pragtige blouvlag strande slegs 7km vanaf Hibberdene. Ons sou ook daarvan hou om vanaf die stoep te kon uitstap in die tuin, maar mens moet by die kombuisdeur uitgaan en om die gebou stap om by die voortuin te kom waar die swembad is. Ons hou van braai, en daar is braai geriewe, maar baie moeite om als uit te dra om te kan braai. Ongelukkig kan mens nie op die stoep braai nie, wat verstaanbaar is. So as jy nie lief is vir stap en braai nie, is dit die ideale plek en sou ek dit beslis aanbeveel. Dankie dat julle dit so aangenaam gemaak het.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
3.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0
Tersia
Cowrie Cove 3
Baie dankie vir jul kuier. Ongelukkig, was ons nie bewus dat slotte op die hek, wat direk op die strand uitgaan, vervang was nie. Jy moes my net laat weet het om 'n reëling te tref. Jammer oor die ongerief. Seenwense.

Hanerike K
Kort verblyf Gesin met klein kinders
3.8
Feb 2024

Die verblyf is heerlik. Die verblyf was heerlik en het 'n baie mooi uitsig. Lekker ruim woonstel.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
2.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0
Tersia
Cowrie Cove 3
Baie dankie dat julle sulke aangename gaste was. Dit was 'n plesier om julle te hê. Seenwense

Celine D
Kort verblyf
5.0
Okt 2023

Dis 'n wonderlike woonstel met alles wat jy nodig het en meer. Het dit vreeslik geniet. Die mooi see-uitsig is wonderlik, met 'n baie mooi en gemaklike woonstel. Dit is net 'n wonderlike plek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Tersia
Cowrie Cove 3
Celine, julle was wonderlike gaste. Was n voorreg om jul te huisves. Julle is altyd welkom om te kom kuier. Seenwense. Tot weersiens.

Johan R
Lang verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Apr 2023

Vantasties lekker! Die uitsig oor die see met die sonsopkoms is fantasties en gerieflik om duer 'n hekkie te stap en op die strand te wees.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Tersia
Cowrie Cove 3
Liewe Johan, julle was wonderlike gaste. Jul is altyd welkom. Sterkte met al julle planne. Seenwense.

Marinda D
Lang verblyf
5.0
Jan 2023

Stukkie hemel. As jy instap, voel dit soos 'n ander wêreld. Die oopplan en see-uitsig is asemrowend. Plek goed uitgelê en skoon en netjies.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Tersia
Cowrie Cove 3
Liewe Marinda en familie, dit was 'n absolute voorreg om jul te kon he. Julle was wonderlike gaste. Dankie vir al die mooi fotos. Jul is meer as welkom om weer te kom kuier. Seenwense.

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Tersia Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 19

Op LekkeSlaap 3 jaar

Vanaf R1 150
R1 150 R805
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 150
R1 150 R805
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Barracuda Boulevard 677, Hibberdene, 4220, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbba925e697935e55c17fb47ef04dd5c1ada8f154bf6b61e6ebc2ba9cf67cead480627ec8416333c9a669b6e2afbd66b56704?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 150 nouVanaf R805 per nag (plek vir 6) 19 5 1 5 677 Barracuda Boulevard Hibberdene 4220 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.580277864759 30.572863937382

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang