Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Crawford's Croft

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Wege-straat 18, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 300 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Crawford's Croft bied 2 selfsorg-eenhede op die grondverdieping van die eienaar se huis in Stilbaai. Die verblyf gebruik 'n sonkragstelsel en word daarom nie deur beurtkrag beïnvloed nie.

Elke selfsorg-eenheid bied slaapplek aan 2 volwassenes en 2 kinders (nie ouer as 15 nie), ongeveer 400 m vanaf die strand is. Dit bied toegang tot die rivier, hawe en Skulpiesbaai Natuurreservaat, wat spog met skilderagtige staproetes deur die Melkhoutbos.

Die 2 eenhede kan ook saam bespreek word vir 'n groter groep van 4 volwassenes en 4 kinders. Elke woonstel bied 'n aparte slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring. Die oopplan-leefarea met 'n kombuisie het 'n stapelbed wat geskik is vir kinders. Die kombuisie is met 'n yskassie, mikrogolf, braaipan, broodrooster, elektriese eierkoker, 'n ketel, eetgerei, breekware en vadoeke toegerus.

Parkeerplek is langs die hoofhuis op die perseel beskikbaar. WiFi en braaigeriewe is beskikbaar indien vooraf gereël. DStv Premium is in albei woonstelle beskikbaar. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie en rook is verbode. Daar is 'n vrieskas in die motorhuis.

Stilbaai is die perfekte vakansiebestemming met pragtige, uitgestrekte strande wat die baai op beide kante begrens. Lappiesbaai, die hoofstrand aan die oostekant van Stilbaai, het Blouvlagstatus.

Doendinge in die area sluit in: swem, Parkrun elke Saterdagoggend, Brug-mark elke Saterdagoggend, kanovaart, Run Walk For Life, branderplank-ski, visvang, gholf, tennis, Padel-bane, berg- en padfietsry, rolbal en 'n buitelug-gimnasium op die strand. Gaste kan ook in Stilbaai bier- en gin-proe.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 47 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.8
Diens
5.0
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Patrick B
Saam met lewensmaat
5.0
Baie vriendelike ontvangs, 'n baie netjiese plek en 'n onvergeetlike naweek gehad. Baie lekker gebly, gasvrou het ons vanaf die staanspoor tuis laat v...
Sien meer
Sep 2024
Susan F
Gesin met tieners
5.0
10 uit 10. Heerlik gebly. Was rustig en kon bietjie ontspan. Baie naby die strand en rivier. Die plekkie het alles wat jy nodig het. Die gasvrou is ba...
Sien meer
Apr 2024
Stella S
Gesin met tieners
5.0
Heerlik ontspanne. Ons het dit baie geniet, gasvryheid en ligging is fantasties.
Mrt 2024
Ane P
Gesin met tieners
5.0
Fantasties. Besonderse vriendelike en hulpvaardige eienaars. Alles wat jy nodig het is voorsien, asook addisionele versoeke.
Jan 2024
Robert V
Gesin met klein kinders
5.0
Met gemak rustig gekuier. JD en Elize het ons baie welkom laat voel. Die eenheid het alles wat mens nodig het en kan net inboek en rustig raak. Ons he...
Sien meer
Apr 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Elize Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 47

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Wege-straat 18, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
  • Gaste dink Crawford's Croft het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Wege-straat 18, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9aa6a2881293fd0bbc9d215f54bbacf2434bcca619a9bf11aab8ee41456b8669bd57d6841412bb679e6cbc8b96177b314b13?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag (plek vir 4) 47 5 1 5 18 Wege Street Stilbaai 6674 Wes-Kaap 021 201 8901 13:00-18:00 10:00 -34.385175723236 21.41893029213

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang