Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Crest 70

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Ina Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 18

Op LekkeSlaap 7 jaar

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 18 resensies vir Crest 70
Netheid
5.0/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.9/5
Frans L - Jul 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Frans L

Bruisend.

O ja, ons het baie lekker gebly. Van die oomblik wat ek instap en hoor die branders rol, ensien ek dat daar is ook 'n see-uitsig. In die aand het ek 'n lekker vuurtjie gemaak om by te sit, alhoewel ek in Desember 'n tjop sal braai. Ek het ook in die donker op my rug kon lê en 'n magdom van sterre bekyk en die mees bekendes probeer identifiseer. Volgende keer vat ek 'n sterrekaart en ook 'n goeie verkyker vir al die pragtige voëls.

Antoon U - Jun 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Antoon U

Heerlik gebly, sal hoogs aanbeveel!

Baie netjies, ruim blyplek. Uitstekende waarde vir geld!

Elzana B - Jun 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Elzana B

Pragtige, skoon, netjiese en rustige akkommodasie.

Ons was baie vriendelik ontvang en ons het so lekker gebly, dus 'n pragtige plek met alles wat jy benodig en ons sal beslis weer daar gaan bly.

Anel S - Apr 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Anel S

Rustig, stil, goeie diens, uitstekende ligging, vriendelike mense & lekker weer.

Rustig, stil, goeie diens, uitstekende ligging, mooi tuin en uitsig, daar is van alles wat jy nodig het binne akkommodasie. Gasvrou is bedagsaam en baie vriendelik en altyd hulpvaardig.

Faizel P - Mrt 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Faizel P

Cosy stay.

The unit was very neat and clean and had all the minimum needs for a comfortable stay. Beautiful garden setting, all required kitchen supplies and parking outside your door. A lot of artsy finishings, classic furniture, lovely hand soap, hand cream and room fragrance. A welcome chocolate is always a nice treat. One hand towel and 1 towel provided for a 3-night stay. A few practical things for future travelers to know. 1. This is not a free-standing apartment, it's a groundfloor, 2-bedroom flatlet below the owner's house. No indication of that in the listing or photos. 2. Bring the following items along as it's not supplied: coffee, tea, sugar, milk, shower gel and a two-point plug to charge mobile devices. 3. I've never lived in an apartment so it was a bit unexpected/annoying hearing footsteps above you at night, kids occasionally running around in the main house, etc. 4. There is a dog in the main house, but it doesn't come out towards the unit. There's a little balcony above the entrance of the unit, so periodically you'll hear the dog running out on there and occasionally barking if something is spotted. 5. Not a self check-in, you must check in and out with the owner. These are just some important notes for people who might think it's a secluded, freestanding unit with no one else around and expecting absolute peace and quiet. The owner did inform me upon check-in, that their son with his family is visiting for the weekend (with 2 young kids). Other than that, the stay was good and the place was nice to chill at.

Ansie S - Mei 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ansie S

Die mooiste, skoonste, gasvrye verblyf nog.

Jan en Ina die beste en gasvrye mense nog ontmoet. Die woonstel is pragtig ingerig en uitsig en geluid van die see is baie mooi en rustig. Beddens het heerlik geslaap en nogmaals dankie vir die klein bederfies.

Madell V - Apr 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Madell V

Dit was vreeslik lekker om in Crest 70 te bly. Hulle is vreeslike gawe mense.

Sal beslis weer gaan. Die moeite met blommetjies en pakkie sweets op die bed was so oulik.

Crest 70 se terugvoer

Dankie Madell. Dit is ons plesier om jul te ontvang. Ons hoop ons sien jul sommer gou weer. Dankie ook dat jul die plekkie so netjies agter gelaat het.

Crest 70
Shawn J - Mei 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Shawn J

Ina is a very friendly and courteous hostess who made us truly feel at home.

The accommodation is well-equipped and very comfortable. I truly recommend considering Crest 70 when planning a break in Pearly Beach.

Joubert U - Apr 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Joubert U

Heerlike uitspanplek!

Die kuier in Pearly Beach was werklik heerlik. Crest 70 bied 'n gerieflike kuierervaring met alle benodigdhede en toerusting - selfs meer. Die netheid en afronding het opgeval. Die ontvangs op 'n Sondag-namiddag (rustyd) was baie vriendelik en verwelkomend. Ons kom kuier weer, want hierdie plekkie is nou bo-aan ons Pearly Beach-lysie. Baie dankie vir julle puik aanslag.

Louis E - Mrt 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Louis E

Die gasteverblyf is 'n ruim woonstel met 2 slaapkamers, (1 dubbelbed en 2 enkelbeddens,) badkamer met bad en stort, kombuis en sitkamer op die onderste verdieping van 'n privaat woonhuis naby die see.

Ons en ons volwasse dogter het die verblyf baie ruim, baie netjies en ook baie privaat gevind. Daar was alles wat ons moontlik kon nodig kry, van spierwit handdoeke tot kombuisgereedskap, WiFi en vol pakket DStv ingesluit die sportkanale vir die sportliefhebber. Die woonstel is aan die seekant van die huis met 'n privaat tuin, 'n onderdakbraaiplek op die stoep, en voldoende veilige parkering op die erf. Ons kon voortdurend die geruis van die branders hoor, ons het heerlik geslaap op die goeie kwaliteit matrasse, en ons gasheer en -vrou het ons baie vriendelik ontvang en rondgewys, sodat ons dadelik tuis en soos familie gevoel het. Sekuriteit is baie goed met 'n veiligheidshek en diefwering, en ons het te alle tye baie veilig gevoel. Die buurt en die hele dorpie het 'n ongelooflike vakansie-atmosfeer met inwoners en vakansiegangers wat rustig met hul klein kindertjies en honde in die strate kan afstap omdat daar volop spoedbulte en -slote is om enige jaagduiwels vas te vat. Ons het heerlik gekuier en Jazzie, die inwonende Yorkie se manewales vreeslik geniet. Baie dankie, Ina, ons kom graag weer!

Crest 70 se terugvoer

Baie dankie Anneline en Louis. Waardeer jul terugvoer. Vir ons net 'n voorreg om jul hier te kon ontvang. Sal lekker wees om jul weer te sien.

Crest 70
Nicus B - Jan 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Nicus B

Heerlike plek vir wegbreek van die geraas van die stad. Eienaars is ongelooflik vriendelik en verder is alles aanbeveelbaar.

Naby aan die see geleë, lekker naby om te stap.

Crest 70 se terugvoer

Baie dankie Nicus. Ons waardeer jou mooi woorde. Hoop ons sien jul en/ of jul vriende sommer gou weer.

Crest 70
Lizette K - Jan 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Lizette K

Heerlike kuierplek!

Die ruim, pragtig ingerigte woonstel bied alles en meer wat nodig is vir 'n heerlike vakansie naby die see. Eienaars is baie vriendelik en verwelkomend. Dankie vir spesiale aandag aan klein dingetjies wat verblyf spesiaal gemaak het.

Gert F - Jan 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Gert F

Baie lekker gekuier, sal hoogs aanbeveel.

Ina en Jan was baie behulpsaam en sal hulle enige tyd aanbeveel.

Charmaine V - Sep 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Charmaine V

Netjiese en skoon verblyf.

Eienaars vriendelik en het ons tuis laat voel. Ten volle toegerus en baie netjies. Ruim genoeg vir 4 gaste.

Riyaard J - Apr 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Riyaard J

Asemrowend.

Was baie heerlik, rustig, stil en om soggens wakker te skrik en die see te hoor was fantasties.

Elize A - Apr 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Elize A

Baie lekker, rustige atmosveer. Baie netjies Crest 70, vriendelike en baie behulpsame ontvangs en verblyf gehad.

Ons het regtig heerlik gekuier, baie vriendelike en behulpsame ontvangs en verblyf gehad. Alles baie mooi skoon en netjies gewees. Eienaar stel ook belang om verbeterings aan te bring indien ons enige klagtes sou gehad het, maar ons het niks gehad om oor te kla nie. Dit was net reg en lekker.

Helene B - Jan 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Helene B

Heerlik rustig.

Wat 'n lekker woonstel, met als in wat jy nodig het, spasie, en rustigheid. Kan dit aan enigiemand voorstel.

Renay F - Sep 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Renay F

Vriendelike mense en definitief waarde vir jou geld, Crest 70 is besonders.

As jy wil lekker bly en lekker slaap is Crest 70 geskik vir jou. Vriendelike eienaars, mooi see-uitsig en 'n lieflike woonstel. Geskik vir 'n wegbreek wat jou geld werd is!

Vanaf
Vanaf R1 150
per nag, vir 4 mense
Vanaf
R1 150
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Crest-weg 70, Pearly Beach, 7220, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDg2MDAxZGE0LWYxZDMtNDYwMC1iOTI4LWRmNzY4ZmM0YWIwOQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 150 per nag, vir 4 mense 18 5 1 5 70 Crest Road Pearly Beach 7220 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -34.66066163856 19.491431504299

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang