Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Crooked Cabin

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Harbour Lights-laan 84, Plot 4057 Harbour Lights, St Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 700 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Crooked Cabin en The Snuggle Inn is in St Helenabaai aan die Weskus geleë wat sowat 150 km noord van Kaapstad is. Die dorp is bekend vir dolfyn- en walviskyk en ander besienswaardighede. Dit is die perfekte wegbreekplek vir dié wat smag na 'n wegbreek uit die stad.

Die verblyf bestaan uit 2 kothuise wat Crooked Cabin en The Snuggle Inn insluit. Crooked Cabin het slaapplek vir 6 en 3 slaapkamers. 2 van die slaapkamers het dubbelbeddens en die ander slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is ook 'n lieflike grootte badkamer met 'n groot hoekbad en handstort. Daar is ook 'n Jacuzzi op die dek. Alle linne word voorsien, maar bring asseblief jou eie strandhanddoeke saam. Verder is daar ook 'n kombuis en sitarea. Crooked Cabin het 'n jacuzzi, maar geen swemgeriewe nie.

Die Snuggle Inn is 'n volledig gemeubileerde kothuis met slaapplek vir 4. Daar is 2 kamers met dubbelbeddens. Albei kamers het waaiers wat teen die muur gemonteer is, klerekaste en bedtafeltjies met lampies. Daar is ook 'n lieflike badkamer met 'n stort. Alle linne word voorsien, asook handdoeke vir die Jacuzzi en swembad. Op die onthaaldek is daar 'n Jacuzzi, braaigeriewe, tafel en stoele. Daar is ook 'n oopplan-kombuis wat volledig toegerus is met 'n yskas-vrieskas, stoof en oond. Daar is ook 'n ou swart Dover-stoof in die baie groot kaggel, wat volledig werk. Die oopplan-leefarea beskik oor 'n TV en volledige DStv.

Geriewe op die perseel sluit 'n swembad, slegs vir gaste by The Snuggle Inn, in.

Troeteldiere is welkom indien dit vooraf gereël word.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Jacuzzi
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 119 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.5
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Lauren M
Gesin met klein kinders
5.0
Great value with a family-friendly atmosphere and stunning ocean view! Our stay at the Crooked Cabin was fantastic and truly worth the ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2024
Raymond P
Gesin met tieners
5.0
Baie lekker. Ons het so geniet - die gas was baie vriendelik en baie behulpsaam. Julle sien ons gou weer. Dankie.
Jul 2024
Norman S
Saam met vriende
5.0
It was lekker. It was very good and I'll go again.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mrt 2024
Beverley J
Gesin met tieners
5.0
Rustig en baie veilig. Jacuzzi was baie lekker, iets wat jy nie altyd kry nie. Baie rustig.
Okt 2023
Joey S
Saam met vriende
5.0
We were pleasantly surprised when we arrived, as the pictures dos not do this place justice. It is an entertainers dream, big deck, ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Rosslyn Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 119

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Harbour Lights-laan 84, Plot 4057 Harbour Lights, St Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
  • Gaste dink Crooked Cabin het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 700
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 1 700
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Harbour Lights-laan 84, Plot 4057 Harbour Lights, St Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe7300a01da72b5c517f746019907a04396a1c8d15370ca9a3f10e5a9f17b8acdfe954479fc0504d95ba001183524072cb83b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 700 per nag (plek vir 6) 119 5 1 5 84 Harbour Lights Avenue Plot 4057 Harbour Lights 7390 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-00:00 10:00 -32.753974728591 18.005414307117

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang