Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Crowned Crane B&B and Self Catering

  • Kapasiteit: 11 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Oseaan-weg 1, Gonubie, Oos-Londen, 5257, Oos-Kaap
  • Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Die Crowned Crane bied aan gaste B&B-, selfsorg- en sakpas-verblyf wat enige begroting sal pas.

Ons sien uit daarna om jou te verwelkom by die Crowned Crane, 'n 3-ster Toerisme Raad Gegradeerde B&B instelling wat ook spog met AA-akkreditasie. Die klem is op persoonlike diens, en die ontspanne atmosfeer dra by tot die verblyf, waar gaste hulself tuis kan maak in die luukse suites. Die rustigheid van die Crowned Crane word versterk deur die uitsig oor die see, die geluid van die branders, en die sagte soutreuk wat van die see af inwaai.

Wanneer jy die B&B-suites betree word jy onmiddellik aangetrek na die volle-breedte glas aan die voorkant van die suite, waar die pragtige see-toneel voor jou strek, voor jy jou laat uitlei op die vollengte privaat balkon. Die luukse B&B-suites slaap twee mense gemaklik.

'n Volledige Engelse ontbyt word elke oggend bedien om die gaste voor te berei vir die dag wat voorlê.

Die selfsorg-eenhede het hul eie privaat ingang, en die betowerende grasdak loopvlak wat na hulle lei, nooi gaste om te bly vir 'n idilliese besoek. Die selfsorg-eenhede is geleë in 'n pragtige tuin en het hul eie private verandas, wat met die welige plantegroei bedek is. Hulle is heeltemal oopplan, en voorsien verblyf vir twee volwassenes en twee kinders onder 10 jaar met gemak - (of drie volwassenes). Hulle is pragtig toegerus om te verseker dat al die gaste se behoeftes vervul word.

Sekuriteitswag op die perseel vir ekstra veiligheid! Gratis Wi-Fi en DStv.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 69 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.6
Veiligheid
4.6
Wat gaste dink
Alcino E
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker gekuier. Baie veilige omgewing en naby die see.
Jul 2024
Lindsay J
Besigheidsreis
5.0
My stay was very peaceful. No loud noises or disturbances. See stars.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Feb 2024
Hendrik N
5.0
Stil, rustig, huislik! Bai elekker gebly. Ek sou dalk net klein bietjie meer spasie wou gehad het vir my klere. Die kas was vol addisionele duvets ens...
Sien meer
Feb 2024
Andrea J
Saam met lewensmaat
4.6
Pleasant, beautiful views, sound of the sea early morning. A clean, spacious room with a quiet balcony overlooking the sea. Early morni...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2024
Amorette V
Saam met vriende
4.6
Lekker kuier en oornag-tuiste. Ons het goeie diens van gasvrou ontvang. Baie dankie.
Aug 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Shani Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 69

Op LekkeSlaap 14 jaar

Ligging

  • Oseaan-weg 1, Gonubie, Oos-Londen, 5257, Oos-Kaap
  • Gaste dink Crowned Crane B&B and Self Catering het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 11 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Oseaan-weg 1, Gonubie, Oos-Londen, 5257, Oos-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAAOGC80OsFwkOeoOfLhuezd4TXCOpCM2suvnjI9ITFh2xrqNm7r?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense 69 5 1 5 1 Oceanway Road Gonubie 5257 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -32.945268570351 28.024601731877

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang