Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Crystal Blue

Selfsorg
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ou Hoofweg, Eden Rock Forest Estate, Pennington, 4184, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R4 050 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Crystal Blue is 'n pragtige vakansiehuis op die veilige Eden Rock Forest Estate in die hartjie van Pennington. Dit is die ideale opsie vir 'n rustige vakansie saam met familie en vriende aangesien die huis 'n lieflike swembadarea het.

Dié dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 en suite-slaapkamers met lugversorging en 'n aparte toilet. Die eerste 2 slaapkamers het elk 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed. Elkeen van die en suite-badkamers het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Alle linne word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n toonbank met stoele toegerus is. Daar is 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër in die opwaskamer beskikbaar. Die kombuis lei na 'n etenstafel met sitplek vir 6 en 'n knus sitarea met gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met die volle DStv-pakket. Gratis WiFi is beskikbaar.

Hierdie leefarea lei na 'n onderdakstoep met 'n etenstafel en 'n lieflike tuin met 'n swembad en sonstoele. Braaigeriewe is ook buite beskikbaar.

Veilige parkeerplek met 24 uur-sekuriteit is op die perseel beskikbaar. Die ligging van hierdie landgoed is langs Selborne Gholfklub en is naby die strand en restaurante. Tydens beurtkrag en wateronderbrekings is daar 'n omsetter en 'n JoJo-tenk.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 4 Badkamers, 3 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Braai
Warmbad

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Resa Geverifieer

Eiendomme 8

Resensies 2

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Ou Hoofweg, Eden Rock Forest Estate, Pennington, 4184, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 4 050
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 4 050
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ou Hoofweg, Eden Rock Forest Estate, Pennington, 4184, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf2a5c2cc307d0cfd57508168d2e716bba83192f2f752490f4d3900b5b989bf2f5ae6dee2ae6ee1461aa21d715b47ec402450?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 050 per nag (plek vir 6) Old Main Road Eden Rock Forest Estate 4184 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.3774291 30.6832974

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang