Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Cube

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ocean View-rylaan 62, Seepunt, Kaapstad, 8060, Wes-Kaap
  • Vanaf R25 000 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Cube is 'n pragtige selfsorg-gesinshuis in Seepunt, Kaapstad wat met 'n asemrowende see-uitsig spog. Hierdie is die ideale vakansie-toevlugsoord wat die perfekte omgewing vir gesinne en vriende bied om te ontspan en die vrede en rustigheid van Seepunt se gesogte Ocean View-rylaan te geniet.

Dié verblyf het slaapplek vir 10 gaste en beskik oor 5 pragtige slaapkamers en 5 badkamers. Die eerste en tweede slaapkamers het elk 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die derde slaapkamer het ook 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die vierde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en gaste deel 'n badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n 'n toilet. Die vyfde slaapkamer is in 'n aparte selfsorgwoonstel met 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad, wasbak en 'n toilet. Wit linne en handdoeke word voorsien.

Die oopplan-leefarea het hoë plafonne en 'n kombuis, wat met 'n gasstoof, 2 elektriese oonde, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware, toonbank met stoele en 'n skottelgoedwasser toegerus is. Langs die kombuis is 'n etenstafel met sitplek vir 8 en 'n knus sitarea met gemaklike sitplek en 'n slim-TV met toegang tot Netflix. Gratis, onbeperkte WiFi is beskikbaar.

Daar is 'n groot stoep met buitemeubels, asook 'n swembad. 'n Gedeeltelik onderdakarea het plek vir gaste om te eet en te ontspan, asook 'n uitsig oor die see. Die verblyf beskik ook oor 'n Sunsynk-omsetter en Hubble-litiumbattery wat 8 tot 12 uur se rugsteunkrag tydens enige onderbrekings kan voorsien. Veilige parkeerplek is in 'n motorhuis vir 3 voertuie beskikbaar.

Kamer-opset

Slaapplek vir 10 mense 5 Slaapkamers 5 Badkamers, 4 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort-oor-bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
Braai

Ligging

  • Ocean View-rylaan 62, Seepunt, Kaapstad, 8060, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 25 000
per nag (plek vir 10)
Vanaf
Vanaf R 25 000
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ocean View-rylaan 62, Seepunt, Kaapstad, 8060, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA36b9821b9b60e87adbac3bbe7f0388247626425e2c458128b44d0ff10ef61ab5237f9697f7b49b9e6cf8aebca5764e822b45?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R25 000 per nag (plek vir 10) 62 Ocean View Drive Sea Point 8060 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.912674 18.39856

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang