Cumberland Nature Reserve
- Kapasiteit: 31 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Table Mountain-weg D408, Bishopstowe, Pietermaritzburg, 3201, KwaZulu-Natal
- Vanaf R390 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Cumberland Nature Reserve is net buite Pietermaritzburg geleë en bied lieflike kampeerverblyf op 'n plaas van 570 hektaar. Dit spog met akasiabosveld, skouspelagtige rooi kranse, diep beboste valleie en watervalle op die Umgeni- en Rietspruitrivier.
Verblyf word in Rietspruit Kampplek met slaapplek vir 15 gaste, Saligna Wildkampterrein en Uzavolo-kampterrein wat elk slaapplek vir 8 gaste het, gebied. Rietspruit het 2 privaat ablusiegeboue met storte, terwyl die ander 2 kampplekke privaat buitestorte het. Elkeen van die 3 kampplekke het nie elektrisiteit nie, maar gasgeisers voorsien warm water. Elke staanplek het ook braaigeriewe.
Alle gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike swembad. Die Umgeni-rivier vorm deel van die grens van die reservaat en is die tuiste van baie spesies varswatervis en krokodille. Hierdie vervlyf is ook deel van 'n bewarea van 3500 hektaar wat aan die reservaat grens en spog met 'n pragtige uitsig oor bos en plaasgronde.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
Aktiwiteite op perseel
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Voëlkyk
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Engels
- Zoeloe
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Elektroniese Fondsoorplasing
Ligging
- Table Mountain-weg D408, Bishopstowe, Pietermaritzburg, 3201, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Natalse Middellande KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 31 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Table Mountain-weg D408, Bishopstowe, Pietermaritzburg, 3201, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang