Liewe Derick,
Baie jammer dat jy n onaangename ervaring by Cura Lodge gehad het. Ons wil jou net meedeel dat die vorige bestuurderes bedrog gepleeg het en oornag weg is. Petru het vinnig as temp ingekom en ons het net seker gemaak van die betalings aangesien sy niks daarvan geweet het nie.
Oor die linne wat nog nie in die linne kas weg gepak was nie, vra sy groot onverskoning want die eienaares het terug gekom van Colesberg af om al die linne oor te was , vanwee die vorige bestuur en sy het jou glo onverskoning gevra en verneem dat die verskoning aanvaar was. Ons het nie n verklaring oor die warm water nie want die kamer het sy eie geyser en ons het dit nou weer getoets en die water is vuur warm.
Wat die swartsakke aan betref, die munisipale fullis verwydering het heeltemal ineen gestort hier by ons en ons het die sakke ingebring om dit die volgende oggend privaat te verwyder aangesien die honde die verskeer deur die nag.
Die stoel wat in die swembad gewaai het was weens n verskriklike storm wat ons vroeer die dag gehad het en die tuin jong het dit die volgende dag verwyder, weereens groot onverskoning daaroor. Ons vra ook onverskoning dat julle vir Petru in haar nagklere gesien het toe sy die hekke gaan oopsluit het, maar sy moes vroeg vir die werkers oopsluit.
Ons wil ook net graag onder julle aandag bring dat ons wel nou n nuwe bevoegdigde bestuurderes aangestel het wat baie bekwaam is.
Ons vra weereens groot onverskoning vir julle ongerief.
Groete
Cura Lodge