Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Cura Lodge

Resensies

4.2/ 5

Gebaseer op 29 resensies

Baie goed

Netheid
4.3
Ligging
4.2
Waarde vir geld
4.0
Diens
4.1
Veiligheid
4.4
Johan P
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Jun 2024

Baie lekker gebly! Ontvangsdame was baie vriendelik en behulpsaam.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Derek C
1 nag Saam met lewensmaat
2.0
Mrt 2023

Sal nooit weer hier oornag nie! Die ontvangsarea word ook gebruik as die was kamer vir al die linne, daar was nie eers n plek waar ons kon sit nie. Ek moes webtuiste bel om betaling te bevestig (soos deur die ontvangsdame beveel), webtuiste het die ontvangsdame ingelig dat bewys van betaling al 'n geruime tyd terug per epos aan hulle gestuur was! Die hek waar ons moes deurstap is so nou dat jy basies jou tasse oor die muurtjie moes optel om deur die hek te kon pas. Net links van die hekkie lê al die tuin vullis teen die muur, binne in die vuil swembad was daar 'n plastiese stoel gewees. Geen warm water gewees om te stort of bad nie. Om 07h30 die volgende oggend toe stap die ontvangsdame rond in haar nagklere tussen die gaste wat vir my 'n baie swak beeld is vir die lodge. Ek het nog vir my vrou gesê dat ek dankbaar is ons het nie besluit on ontbyt daar te eet nie! Ek was bitter teleurgesteld in die personeel, die algemene toestand van die geriewe, geen warm water ens. en sal beslis nooit weer hier oornag nie.

Netheid
1.0
Diens
2.0
Ligging
3.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
1.0
Elna
Cura Lodge
Liewe Derick, Baie jammer dat jy n onaangename ervaring by Cura Lodge gehad het. Ons wil jou net meedeel dat die vorige bestuurderes bedrog gepleeg het en oornag weg is. Petru het vinnig as temp ingekom en ons het net seker gemaak van die betalings aangesien sy niks daarvan geweet het nie. Oor die linne wat nog nie in die linne kas weg gepak was nie, vra sy groot onverskoning want die eienaares het terug gekom van Colesberg af om al die linne oor te was , vanwee die vorige bestuur en sy het jou glo onverskoning gevra en verneem dat die verskoning aanvaar was. Ons het nie n verklaring oor die warm water nie want die kamer het sy eie geyser en ons het dit nou weer getoets en die water is vuur warm. Wat die swartsakke aan betref, die munisipale fullis verwydering het heeltemal ineen gestort hier by ons en ons het die sakke ingebring om dit die volgende oggend privaat te verwyder aangesien die honde die verskeer deur die nag. Die stoel wat in die swembad gewaai het was weens n verskriklike storm wat ons vroeer die dag gehad het en die tuin jong het dit die volgende dag verwyder, weereens groot onverskoning daaroor. Ons vra ook onverskoning dat julle vir Petru in haar nagklere gesien het toe sy die hekke gaan oopsluit het, maar sy moes vroeg vir die werkers oopsluit. Ons wil ook net graag onder julle aandag bring dat ons wel nou n nuwe bevoegdigde bestuurderes aangestel het wat baie bekwaam is. Ons vra weereens groot onverskoning vir julle ongerief. Groete Cura Lodge

Mara S
1 nag Saam met lewensmaat
3.0
Des 2022

Mense het geraas tot na 2:00. Klink of hulle in dieselfde kamer as ons was. Dink dit was die eienaars wat so geraas het tot na 2 uur in die nag. Kamers is na aan mekaar.

Netheid
3.0
Diens
3.0
Ligging
2.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
3.0

Klaas C
1 nag Saam met lewensmaat
2.0
Feb 2022

Ek het 2 nagte by Cura Lodge oorgeslaap op die 14 de Feb en die 27ste Feb. Die 14de Februarie 2022 was daar nie regtig 'n probleem nie, die kamer was netjies en skoon, die 2 wasbakke in die badkamer se proppe het glad nie geseël nie, en die 2de persoon kon nie stort nie want daar was nie genoeg warm water nie. Ek het elke keer dieselfde kamer bespreek, toe ek op die 28ste arriveer het hulle my in kamer 6 geplaas wat ek nie bespreek het nie, die kamer was verskriklik warm, die waaier en die lugverkoeler het nie gewerk nie, toe ek die eienaar vra hoekom ek die kamer moet gebruik het sy vir my gesê dat daar 'n dubbel bespreking was en sy reeds ander gaste in Kamer 7 geplaas het, en dit was die kamer wat ek bespreek het, die volgende wat gebeur is dat daar geen warm water in die stort was nie, soos geen, hulle het nie eers die moeite gedoen om die probleem reg te stel nie, het nie eers aangebied dat ons in 'n ander kamer kan gaan stort nie, hulle het vir ons 'n ander waaier gebring, dit was baie warm, ons kon ook die veiligheidsdeur nie sluit nie, want die slot was stukkend so ons moes die skuifdeur toemaak en sluit, wat dit onmoontlik gemaak het om vars lug in die die kamer in te kry, so Cura Lodge is dan nou af n "no Brainer" vir ons. Vriendelike groete, Klaas en Sarie.

Netheid
2.0
Diens
2.0
Ligging
4.0
Veiligheid
1.0
Waarde vir geld
1.0
Elna
Cura Lodge
Goeie dag Claas en Sarie Ek is jammer dat jul ongelukkig was met die verblyf by cura Lodge Ek het goed gedink om jul kamer te skuif na kamer 6 omrede dit meer gemaklik sou wees met jul hond. Dit was n paar warm dae in Bloemfontein, ons gebruik ongelukkig nie die aircons tydens Covid tydperk nie vir ons gaste se eie gesondheids risiko. Die waterdruk in Bloemfontein was en is steeds baie laag maar ons kon dit vir jul uitsorteer. Ek was nie bewus dat jul gesukkel het met die deur slotte nie, die skuifdeur se slot is op n ongemaklikke plek maar ek het nou ook gaan loer en kon nie fout vind met die sluit daarvan nie. Weereens jammer oor die ongemak, en dankie vir die terugvoering ons wardeer enige insette , sleg of goed, sodoende kan ons opskerp waar ons moet om ons gaste almal n waardevolle oorbly te waarborg.

Heleen V
1 nag
1.8
Jan 2021

Baie onprofessioneel. Voorafbespreking doen vir swembad en of braaigeriewe. Bog, dis 'n lodge - moet beskikbaar wees vir alle gaste.

Netheid
2.0
Diens
1.0
Ligging
3.0
Veiligheid
1.0
Waarde vir geld
2.0

Tania P
1 nag Saam met vriende
5.0
Jul 2019

Baie netjies en gemaklike verblyf. Vriendelike diens. Netjiese, skoon verblyf!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Annamarie N
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Jul 2019

Die eienaars is baie professioneel en verwelkomend. Cura Lodge is gerieflik geleë in Bloemfontein en die diens is uitsonderlik. Ontbyt is heerlik (ongelukkig was hul krag af tydens ons verblyf) wat buite hul beheer was en hul groot om verskoning gevra het. Die personeel is vriendelik en gasvry. Die kamers is baie netjies en beddegoed baie skoon. Dit was ons tweede keer daar en sal vir seker as ons weer in Bloemfontein kom daar tuisgaan en enigiemand aanbeveel na Cura Lodge.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Jeannette B
1 nag Saam met lewensmaat
4.6
Des 2019

Pleasant, very friendly and accommodating. For a one night stay over it's perfect, dinner was good. Not exactly private with the swimming bath.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Zelda L
Kort verblyf Saam met vriende
4.4
Jun 2019

Baie netjies en gemaklik, goeie diens ontvang. Sien sterre.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Philip S
1 nag Saam met lewensmaat
4.4
Apr 2019

Nice room. Had a pleasant stay. Private with good security.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.2/5

Elna Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 29

Op LekkeSlaap 8 jaar

Vanaf R816
R816 R653
per nag, vir 2 mense
Vanaf R816
R816 R653
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 35 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pellissier-rylaan 128, Pellissier, Bloemfontein, 9300, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDZmZDA0MDE3LTc4YjMtNDE3ZC04NTNjLTZmYjNjYzllNjg2OQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R816 nouVanaf R653 per nag, vir 2 mense 29 5 1 5 128 Pellissier Drive Pellissier 9300 Vrystaat 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -29.14948 26.16379

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang