Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Cutty Sark Villa 1

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cutty Sark-laan 36, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Vanaf R35 167 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Cutty Sark Villa 1 is 'n kontemporêre selfsorghuis in Plettenbergbaai en is op die ikoniese Cutty Sark-heuwel geleë. Hierdie gesogte verblyf spog met 'n 180 grade-uitsig en is ideaal vir 'n gesin of groep vriende.

Dié bverblyf is onafhanklik van die tradisionele kragnetwerk en bied slaapplek aan 6 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 5 en suite-slaapkamers en 'n gastetoilet. Die eerste en tweede slaapkamers het lugversorging en elkeen het 'n koninggrootte-bed en 'n badkamer met 'n bad en 'n stort. Die derde en vierde slaapkamers het elkeen 'n kinderbed en 'n badkamer met 'n stort. Die vyfde slaapkamer het 'n dubbelslaapbank en die badkamer het 'n bad en 'n stort. Linne en badhanddoeke word voorsien.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, koffiemasjien, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, wasmasjien-droër en 'n toonbank met stoele toegerus. Die sit- en eetareas het oorgenoeg sitplek ven gaste kan 'n see-uitsig in die verte bewonder. Hierdie huis spog ook met 'n kaggel, kuierarea met 'n sigaarsitarea, 'n privaat wynkelder en 'n speelarea vir kinders. Vir gaste se vermaak is daar 'n TV's met DStv-kanale en 'n klankstelsel met 'n groot CD-versameling, asook gratis WiFi.

Die leefarea lei na 2 stoepe met 2 verhitte randvloeiswembaddens, sitplek, gasbraaigeriewe en 'n groot tuin. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Hirerdie verblyf is naby Robberg Natuurreservaat, Sanctuary Beach, Birds of Eden, Monkeyland en Whale Tail Lookout Point.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 5 Slaapkamers 6 Badkamers, 5 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

1

1 x Kinderbed vir 1

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

1

1 x Kinderbed vir 1

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelslaapbank

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Braai

Ligging

  • Cutty Sark-laan 36, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 35 167
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R 35 167
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cutty Sark-laan 36, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA26a71da4051baa4a557eac30a5f2ecadf38c1d0d309d8bf71f0c1638af5924c4c0ad87e856d8063740aac5560d9f50a11a05?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R35 167 per nag (plek vir 8) 36 Cutty Sark Avenue Plettenberg Bay 6600 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.0567952 23.3632366

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang