Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Cyara

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 99 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Shaberah A
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Jun 2024

Too short but comfortable and tranquil. The host and hostess were very friendly and helpful. I thoroughly enjoyed my conversations with them. Loved the sun room upstairs. Pity we could not stay longer. I loved the sense of humour.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Gerda V
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Apr 2024

Wonderlike wegbreek naweek! Guy en Alta was uiters gasvry. Pragtige uitsig van berg en see, asook 'n gerieflike huis met alles wat jy nodig het, het gesorg vir 'n heerlike wegbreek naweek saam met ons kinders. Kan definitief aanbeveel, en sal beslis weer gaan kuier!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Guy
Cyara
Dankie Gerda & Rian. Ons is dol oor gesinne wat hier kuier. Julle, julle kinders, én Peanut was ideale gaste en het Cyara gelaat soos julle dit ontvang het... netjies. Dankie! Seën vir julle en ons maak weer op 'n dag so.

Bervanee N
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Mrt 2024

Amazing, peaceful, blissful and relaxed. Cyara was nothing short of amazing! From the moment our booking was confirmed, we felt welcomed by the hosts who wanted to make sure our arrival was personal. We arrived and felt at home instantly. The photos of Cyara are nothing short of what you see; they are not in any way doctored. The location is central, and you have everything you need to make your stay comfortable and enjoyable. The beds are super comfy, and the views are exceptional and mind-blowing. The perfect location for getting away from the hustle and bustle of everyday life. I will definitely return to Cyara when I visit the Overberg again. I simply enjoyed it, and my little family had the best time of their lives. Thank you for being so accommodating.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Guy
Cyara
Thank you, Bervanee. We just love having families and you, Pop, and the two kids were great guests. We really hope you'll be visiting again soon. Keep well, Cyara.

Lukas K
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2024

Skoon, goed toegeruste en groot eenheid! Baie goed toegeruste eenheid met hope spasie en pragtige uitsigte na die berg en see. Die binnebraai was 'n welkome bonus. Linne, dekor en meubels getuig van goeie smaak en die internet toegang was konstant van goeie gehalte. Kommunikasie was goed vandat die bespreking bevestig is en tydens ons verblyf. Die gasheer en sy vrou het moeite gedoen om ons welkom te laat voel, sonder om inbreuk op ons privaatheid te maak. Vir ons as gereelde reisigers was hierdie verseker van die beste waarde vir geld-opsies tot dusver. Baie dankie dat julle letterlik aan alles gedink het om sodoende ons verblyf gemaklik te kon maak.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Guy
Cyara
Dankie, Lukas. Dat julle Cyara kon geniet, is ons voorreg. Ons hoop ons paaie kruis DV weer op 'n dag. Groete.

Tegwyn F
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2024

Fantastic. It was a wonderful stay, with great hospitality. We were private and very comfortable. Thanks to Guy for keeping us informed all the time.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Guy
Cyara
Great having you, Lionell, for the stay at Cyara. Blessings for the year ahead.

Sebastiaan V
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Feb 2024

Uitstekende verblyf, ongelooflike uitsig, gasvrye eienaars. Uitmuntend! Cyara het alle verwagting oorskry. Die reël is gewoonlik dat ‘n mens verwag en kry waarvoor jy betaal. Ons het veel meer as wat ons verwag het gevind. Die meubels en dekor is eg gewortel in die tradisionele en wek die mooiste nostalgie by enige trots Afrikaanssprekende besoeker op. Alles (regtig alles) is silwerskoon, gemaklik en goed onderhou. Voeg daartoe ‘n uiters goed toegeruste kombuis, binne- en buitebraai, fantastiese uitsig van beide berg en see. Ja wel, dan het jy ‘n uitstekende kuierhuis vir jou verblyf in Betty’s. Ek kan getuig dat geen van die foto’s op die advertensie gedokter is nie, dit is presies hoe dit daar lyk. Die ligging van die huis plaas dit aan die einde van Betty’s en vergemaklik dus ‘n reis na beide Kleinmond of die middedorp van Betty’s. Veiligheid is nie eens nodig om te bespreek nie, daar is genoegsame voorkoming getref sonder om die spasie soos ‘n tronk te laat voel. Die WiFi is verbasend vinnig, soveel so dat as besoeker jy gemaklik enige stroomdiens, soos Netflix ens., kan gebruik. Ek stel voor jy los jou dekodeerder by die huis en bring eerder jou “TV Stick” of soortgelyk saam, werk soos ‘n bom. Die internet, ligte ens. word nie deur Eskom geaffekteer nie, danksy bystandbatterye (geen raserige opwekkers nie). Vir alles verder (insluitende warm water) is daar gas. Die kersie op die koek is egter die gasheer en gasvrou. Vriendelik, gasvry en behulpsaam. respekteer jou privaatheid en laat jou en jou gesin toe om net eenvoudig te kuier, ontspan en julle eie ding te doen. Weereens, teen hierdie pryspunt, staan Cyara kop bo water gemeet teenoor die aanbiedinge in dieselfde kategorie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Guy
Cyara
Dankie Sebastiaan. Jy het 'n pragtige gesin en dit was baie lekker om julle hier by Cyara te kon akkomodeer. Ons sien uit dat julle weer so maak. Sterkte vir die jaar voorhande. Mooi leer. Guy & Alta

Heinrich B
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jan 2024

Dit was fantasties. Uitsig is ongelooflik mooi. Sal vir seker weer 'n draai daar gaan maak. As jy rustigheid wil hê en wil ontspan, is dit vir seker die plek om te wees.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Guy
Cyara
Dankie Heinrich. Jy en Chantelle het 'n pragtige gesin en ons is bly julle het Cyara geniet.

Jacqueline S
Kort verblyf
4.8
Apr 2024

Ons het die drie dae en nagte baie, baie geniet - was heerlik! Wonderlike, rustige, gemaklike verblyf, met wonderlike uitsig oor die see en berge. Alles gehad wat ons benodig het. Eienaars baie vriendelik en behulpsaam. Vinnig na Kleinmond toe, sowel as terug na Bettysbaai se hoofgedeelte.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Guy
Cyara
Dankie Jacqueline en die twee jong dames. Dit was uiters aangenaam om julle hier te kon akkommodeer. Dit sal 'n vreugde wees om julle weer hier te laat uitspan. Voorspoed.

Mareli D
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.6
Sep 2024

Rustig en definitief waarde vir geld. Verblyf by Cyara is alles waarvoor jy wens vir jou naweek of vakansie. Privaatheid, die ongelooflikste uitsig met die berg agter jou en die see voor jou. Die netheid, ruimte en die vriendelike ontvangs laat jou besef, hier gaan ons lekker bly! Volledig toegerus met die lekkerste binnebraai en plek vir vriende en familie. Gaan rus by Cyara. Jy gaan nie spyt wees nie.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Guy
Cyara
Dankie, Mareli, Julle weet julle plekkie is reeds op die kaarte hier by ons ... sê maar net. Was een groot plesier om julle hier te mag ontvang het vir die verjaarsdag naweek. Ons kyk uit vir julle. Vrede!

Ellen E
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Okt 2023

Dit was 'n lieflike en gemaklike woning met 'n pragtige uitsig. Die eienaars was baie gasvry. Ons sal definitief terugkom.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Guy
Cyara
Baie dankie vir jou "review" Ellen, Dit was lekker om julle as gesin saam met Ouma hier te kon ontvang. Ons hoop dat die jaar vir julle mooi sal uit- en afloop. Hopelik sien ons gou weer. Vriendelike CYARA-groete Guy & Alta

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Guy Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 99

Op LekkeSlaap 8 jaar

Vanaf
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R1 000
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Clarence-rylaan 3099, Bettysbaai, 7141, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA15cd73e4bd101a8fcb64737478a147a48e106a45781d5a4dbe0a766d71266d3a78472d0b9f81ded53bd43e48bfc4b32e95db?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag (plek vir 4) 99 5 1 5 3099 Clarence Drive Betty's Bay 7141 Wes-Kaap 021 201 8901 16:00-23:00 10:00 -34.3574089 18.969785

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang