Cycad Rock Fishing Lodge
- Kapasiteit: 20 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofweg 1, Othobothini, Jozini, 3969, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Cycad Rock Fishing Lodge is langs die Jozini-dam in KwaZulu-Natal geleë en bied verblyf wat ideaal vir visvang-entoesiaste is. Die area is vir tiervishengel bekend en gaste het toegang tot die dam wat tot in Swaziland strek. Die pad na die lodge is nie vir voertuie met 'n lae grondvryhoogte geskik nie.
Verblyf word in 3 kothuise op die dam se oewer gebied en elkeen spog met 'n pragtige uitsig.
Fish Eagle beskik oor 2 slaapkamers en bied slaapplek aan 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuis is goed toegerus vir sorgvrye selfsorgverblyf. Die kothuis lei na 'n groot stoep met braaigeriewe en buitemeubels.
Guinea Fowl beskik ook oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die oopplan-hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 4 enkelbeddens en die tweede slaapkamer het 1 dubbelbed en 2 enkelbeddens. Dit het 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die braai-area is by die swembad en het sitplek, 'n TV en 'n uitsig oor die dam.
Firefly beskik oor 'n slaapkamer, 'n kombuis en 'n oopplan-sitarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die boonste slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n dubbelbed en die badkamer het 'n stort, dubbelwasbak en 'n toilet. Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas, breekware en eetgerei toegerus. Die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n TV met sekere DStv-kanale en lei na 'n stoep met buitesitplek en 'n braai.
Daar is 'n jetty en 'n boot wat gaste vir visvang en uitstappies op die dam kan gebruik. Die lodge het ook kampeerplekke vir tente en 4x4-sleepwaens.
Gaste het ook toegang tot die swembad en grasperke. Die area is ryk aan voëllewe vir voëlkykers, daar is 'n natuurreservaat naby en Sodwanabaai is net 'n uur se ry ver.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
David Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 34
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Hoofweg 1, Othobothini, Jozini, 3969, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Cycad Rock Fishing Lodge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Pongolapoortdam Pongola Zoeloeland KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 20 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofweg 1, Othobothini, Jozini, 3969, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang