Dag-sê Cottage
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
-
Kapasiteit: 3 persone
2 volwassenes, 1 baba - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Dagbreek Plaas, Friersdale, Keimoes, 8861, Noord-Kaap
- Vanaf R1 000 per nag (plek vir 3)
Beskrywing
Dag-sê Cottage is 'n knus selfsorg-plaaskothuis op 'n plaas tussen Keimoes en Kakamas. Dit is die ideale rustige wegbreek op 'n werkende vrugteplaas in die Groen-Kalahari.
Dié kothuis bied slaapplek aan 2 gaste en is oopplan. Daar is 'n koningingrootte-bed en 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Linne word voorsien, maar gaste moet hul eie handdoeke saambring.
Die kombuisie is met 'n tweeplaatgasstoof, mikrogolf, yskassie, broodrooster, eetgerei, breekware en 'n koffiemasjien toegerus. Daar is 'n etenstafel en gratis WiFi.
Die kothuis lei na 'n onderdakstoep met 'n etenstafel en braaigeriewe. Gaste kan hul kano saambring en in die Oranjerivier roei.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
1 x Kinderbedjie
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Dagbreek Plaas, Friersdale, Keimoes, 8861, Noord-Kaap
Sien meer verblyf in Keimoes Kalahari Noord-Kaap
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
-
Kapasiteit: 3 persone
2 volwassenes, 1 baba - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Dagbreek Plaas, Friersdale, Keimoes, 8861, Noord-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang