Dagdrome in Somerset
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Blackwood-weg 5, Somerset-Wes, 7135, Wes-Kaap
- Vanaf R3 300 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Dagdrome in Somerset is in die Kaapse Wynlande geleë en is 'n lieflike houthut in die hartjie van Somerset-Wes. Dit spog met lieflike uitsigte oor die Tokai-kant van Tafelberg, wat dit 'n wonderlike opsie maak vir 'n vreedsame en rustige wegbreek van die stad se gewoel.
Dié eiendom bied slaapplek vir altesaam 4 gaste op 'n slag en beskik oor 2 slaapkamers met lugversorging, 2 badkamers en 'n gastetoilet. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n bad, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en maak gebruik van die tweede badkamer wat 'n stort het.
Die helder en lugtige oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n skottelgoedwasser. Van die kombuis af lei 'n knus leeshoekie met 'n kaggel. Daar is 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek vir almal om hul etes saam te geniet. Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV. Komplimentêre WiFi is beskikbaar.
Hierdie leefarea maak oop op 'n ruim houtdek met 'n buite-etenstafel en is 'n wonderlike plek vir 'n skemerkelkie terwyl jy die uitsigte bewonder. Onder is daar 'n onderdak buitebraai-area met ingeboude sitplek. Boonop het hierdie huis 'n swembad op die perseel en 'n joga-ateljee.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
5/5
Mich Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 1
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Blackwood-weg 5, Somerset-Wes, 7135, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Somerset-Wes Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Blackwood-weg 5, Somerset-Wes, 7135, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang