Damplaas Bos en Berghuisie
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Damplaas, Swartruggens, 2835, Noordwes
- Vanaf R950 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Damplaas Bos en Berghuisie bied selfsorgverblyf in 'n kothuis 20 km vanaf Swartruggens op 'n wild- en beesplaas wat 1404 ha groot is in die Marico-bosveldarea. Dit is ideaal vir natuurliefhebbers wat in die Bosveld wil ontspan.
Dié kothuis het nie elektrisiteit nie maar lig word deur 'n herlaaibare sonpaneel-stelsel voorsien. Die water word warm gemaak met 'n donkie. Die kothuis bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en 'n klein sitarea. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die ander slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Daar is ook 'n buite-stort onder 'n pragtige Rooiseringboom.
Die kombuis is met 'n gasstoof, gasyskas, eetgerei, potte en breekware toegerus. Die sitarea het sitplek vir 4. Die Berghuisie het goeie selfoonsein.
Die huis lei na 'n lieflike boma-area met buitemeubels en braaigeriewe.
Die plaas bied verskeie doendinge soos, 4x4-roetes, bergfietsroetes en visvang afhangende van die watervlakke en dit kan net met 'n 4x4 bereik word.
Pilanesberg Natuurreservaat en Sun City is 65 km vanaf Damplaas. Die area het ook verskeie besienswaardighede vanuit die Suid-Afrikaanse Oorlog en 'n mens kan gaan mampoer by die Groot Marico proe wat 30 km vanaf die plaas is of die Herman Charles Bosman Museum besoek.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Troeteldiere indien gereël
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Baarshengel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildritte
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Aparte toilet
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Oond
- Stoof
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
George Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 5
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Damplaas, Swartruggens, 2835, Noordwes
- Gaste dink Damplaas Bos en Berghuisie het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Silwerkrans Bojanala Noordwes
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Damplaas, Swartruggens, 2835, Noordwes
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang