Damsedrif Gasteplaas
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Hestelle Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 34
Op LekkeSlaap 7 jaar
Opsomming van Resensie
Annemarie O - Apr 2024
Algehele gradering
Die perfekte oorslaap in Baviaans.
Damsedrif Gasteplaas se terugvoer
Hallo Annemarie
Dit was heerlik om jou by ons te hê!
So bly jy het lekker gebly.
Hoop ons sien jou gou weer.
Ons het lekker reën gehad, so dit is nou so mooi groen.
Hestelle
Carlynne K - Mrt 2024
Algehele gradering
Groot ruim huis, netjies.
Damsedrif Gasteplaas se terugvoer
Hi julle
Ek is so jammer ek het julle gemis, maar baie bly julle het lekker gekuier.
Dankie dat jy ons gekies het om jou ouers by te laat bly.
Kom kuier weer vir ons!
Hestelle
Dawid V - Nov 2023
Algehele gradering
Fantastiese omgewing!
Damsedrif Gasteplaas se terugvoer
Hallo Dawie
Ek is bly julle het lekker gekuier - hoop ons sien julle gou weer!
Hestelle
Dietrich S - Sep 2024
Algehele gradering
Herlaai jou batterye.
Damsedrif Gasteplaas se terugvoer
Hallo Dietrich
Dit was lekker om julle hier te hê en as julle batterye bietjie herlaai het, het ons ons doel bereik.
Kom weer en kuier bietjie langer!
Hestelle
Riaan S - Mrt 2024
Algehele gradering
Ruim plaashuis verblyf in die hart van die Baviaans.
Damsedrif Gasteplaas se terugvoer
Riaan
Dit was heerlik om julle hier by ons te hê.
Kom weer!
Hestelle
Pieter S - Sep 2024
Algehele gradering
Dit was soos 'n rustige belewenis. Stilte plaas atmosfeer net lekker.
Damsedrif Gasteplaas se terugvoer
Ek is bly julle het dit geniet!
Rustigheid is juis wat ons in oorvloed het.
Hestelle
Johan M - Sep 2023
Algehele gradering
Stilte, rus en vrede.
Lees meerDamsedrif Gasteplaas se terugvoer
Hallo Johan
Dit was lekker om julle hier te hê!
Dit is altyd lekker om lekker mense te kry - hoop ons sien julle weer!
Hestelle
Irene E - Aug 2023
Algehele gradering
Heerlike kuier in Baviaanskloof.
Damsedrif Gasteplaas se terugvoer
Hi Irene
Ek is baie bly julle het lekker gekuier!
Geen moeite - my oupa het altyd gesê mens mag nooit 'n kind keer wat wil teken nie!
Hoop ons sien julle weer
Groete
Hestelle
Teresa A - Sep 2023
Algehele gradering
Bekostigbare verblyf weg van stad se geraas.
Damsedrif Gasteplaas se terugvoer
Hi Teresa
Ek is so bly julle het die kort tydjie by ons geniet.
Kom volgende keer vroeër dat ons vir julle die kothuisies kan gaan wys!
Julle is sulke aangename mense - was lekker om julle hier te hê.
Hestelle
Nettie B - Aug 2023
Algehele gradering
Uitmuntende gasvryheid.
Damsedrif Gasteplaas se terugvoer
Hallo Nettie
Dis altyd lekker om te hoor iemand het lekker by ons gekuier. Hoop ons sien julle weer.
Hestelle
Sonja M - Mei 2023
Algehele gradering
Ons het vinnige oorslaap geniet op 'n rit deur Baviaanskloof.
Damsedrif Gasteplaas se terugvoer
Hallo Sonja, dankie vir jou positiewe terugvoering. Hoop om julle weer by ons te verwelkom in die toekoms.
Hestelle
Annelize K - Mrt 2023
Algehele gradering
Salige rustigheid.
Damsedrif Gasteplaas se terugvoer
Annelize,
Baie dankie vir jou positiewe terugvoer. Bly julle het die mooi kloof ook geniet.
Dit was lekker om julle by ons te hê, veral op die verjaarsdag, enige verskoning vir ietsie soet.
Hoop ons sien julle weer eendag.
Hestelle
Damsedrif
Andre R - Jan 2023
Algehele gradering
Baie lekker gebly in die huis met plonspoel.
Damsedrif Gasteplaas se terugvoer
Hallo André, ek is bly julle het lekker by ons gekuier. Baie dankie vir die positiewe kommentaar. Ons hoop om julle weer by ons te verwelkom. Hestelle.
Conrad B - Des 2023
Algehele gradering
Hier kan jy verken of net lekker ontspan.
Damsedrif Gasteplaas se terugvoer
Conrad
Ons is bly julle het julle tydjie by ons geniet - ons wil juis die mooi en rustigheid met ander mense deel.
Hoop ons sien julle weer binnekort.
Hestelle
Peter H - Aug 2022
Algehele gradering
Very neat and comfortable. Especially appreciated the hot water bottles.
Damsedrif Gasteplaas se terugvoer
Hi Peter, thank you for the positive review. Hope to welcome you with us again soon!
Jonelle B - Des 2022
Algehele gradering
In die hartjie van die Baviaanskloof - baie rustig met baie spasie.
Damsedrif Gasteplaas se terugvoer
Hi Jonelle, ek is bly julle het dit geniet by ons. Ons hoop om julle weer in die toekoms by ons te verwelkom. Hestelle, Damsedrif
Carl S - Apr 2022
Algehele gradering
Lekker ruim.
Damsedrif Gasteplaas se terugvoer
Hi Carl
Dit was lekker om julle by ons te hê en ek is bly julle het nuwe voëls gesien, dis mos altyd 'n hoogtepunt.
Hestelle
Jan V - Nov 2022
Algehele gradering
Baie lekker.
Damsedrif Gasteplaas se terugvoer
Hallo Jan
Dankie vir jou positiewe kommentaar.
Jammer dat ek julle gemis het. My man sê julle is lieflike mense.
Kom weer!
Hestelle
Martin C - Nov 2022
Algehele gradering
Interessante klowe.
Ronel D - Aug 2022
Algehele gradering
Baie lekker gekuier. Lekker groot huis. Water was heerlik warm en lekker warm geslaap. Genoeg van alles in huis vir die aantal mense.
Damsedrif Gasteplaas se terugvoer
Ek is bly julle het warm gebly in die ysige koue.
Jammer ons het julle gemis en baie jammer julle was amper uitgesluit.
Bly julle kon lekker rus.
Hestelle
Terence T - Jan 2022
Algehele gradering
No real issues, a good place, pity about the bad gravel road!
Damsedrif Gasteplaas se terugvoer
Ja, ek weet julle het ekstra swaar gekry met ons slegte pad, maar hy is nou bietjie geskraap en heelwat beter - dalk moet julle maar weer 'n draai maak!
Was aangenaam om julle hier by ons te hê!
Henko W - Sep 2021
Algehele gradering
Exceptional value for money.
Damsedrif Gasteplaas se terugvoer
Henko
Thanks for your positive review, glad you enjoyed your stay!
Hope to see you again soon!
Pieter V - Apr 2021
Algehele gradering
Uitstekend.
Damsedrif Gasteplaas se terugvoer
Pieter
Ek is so bly julle het dit geniet by ons.
Hoop ons sien julle weer.
Sal graag wil hoor waar julle spesifiek dink ons kan verbeter - ons leer graag.
Hestelle
Damsedrif
Louwrens E - Okt 2020
Algehele gradering
Was fabulous
Damsedrif Gasteplaas se terugvoer
Louwrens,
Ek is baie bly julle het lekker gekuier by ons.
Kom gerus weer en bring van julle lekker Kaapse reën saam.
Groete
Hestelle
Damsedrif
Dennis K - Sep 2020
Algehele gradering
Heerlike kuier in pragtige Baviaanskloof.
Damsedrif Gasteplaas se terugvoer
Dankie julle!
Ons is baie bly julle het lekker gekuier.
Dit was lekker om julle vrolike klomp hier by ons te hê!
Groete
Hestelle
Damsedrif
Jaco B - Des 2019
Algehele gradering
Die gasvryheid van die mense van die kloof, prysloos!
Lize C - Jun 2019
Algehele gradering
Lekker gebly, vriendelik ontvang en geselsie aangeknoop.
Damsedrif Gasteplaas se terugvoer
Beste Lize,
Ek is bly julle het die natuur geniet - dit is waarvoor mens hier by ons moet kom kuier! Hoop om julle weer by ons te ontvang.
Groete,
Hestelle
Abrie D - Jan 2019
Algehele gradering
Uitstaande gasvryheid en fantastiese plaas-etes.
Damsedrif Gasteplaas se terugvoer
Abrie,
Dit was lekker om julle by ons te ontvang. Bly julle het lekker gekuier en geëet. Hoop ons sien julle weer, dalk na dit lekker gereën het!
Groete,
Hestelle
Tanya O - Jul 2019
Algehele gradering
An awesome farm stay at the western end of the Baviaanskloof.
Hierdie resensie word in sy oorspronklike taal gewys.
Vertaal na Afrikaans.
Fantastiese plaasverblyf aan die westelike punt van die Baviaanskloof.
Dankie vir wonderlike verblyf in 'n huis weg van die huis in 'n pragtige omgewing en 'n lieflike antieke plaashuis! Daar is aan al die klein, eenvoudige dinge gedink en ons het dit terdeë geniet! Veral die skoon ruimtes, volmaan, warmwaterbottels en speelmaat, Wagter, vir ons enigste kind! Sien julle binnekort weer!
Hierdie resensie is vertaal.
Sien oorspronklike in English.
Damsedrif Gasteplaas se terugvoer
Tanya,
Thank you for your kind words. I'm so glad you enjoyed your stay. And Vrystaat, the dog, would also love to have you back.
We hope to see you soon.
Hestelle
Damsedrif
Bessie C - Apr 2018
Algehele gradering
Plaaskuier.
Damsedrif Gasteplaas se terugvoer
Bessie,
Ek is so bly julle het lekker gebly. Jammer ek het julle gemis.
Hoop ons kan julle weer in die toekoms by ons ontvang.
Groete,
Hestelle
Damsedrif Gasteplaas
Petra F - Jan 2018
Algehele gradering
Rustigheid.
Damsedrif Gasteplaas se terugvoer
Petra.
Bly julle het lekker gekuier.
Jammer vir julle dat dit so ongelooflik warm was.
Wil net sê dat julle kinders die mooiste maniere het.
Hoop ons sien julle gou weer.
Hestelle
Damsedrif Gasteplaas
Baviaanskloof
Bettie M - Nov 2018
Algehele gradering
Heerlike kuier saam met wonderlike vriende.
Damsedrif Gasteplaas se terugvoer
Bettie,
Ek is bly julle het die stilte geniet! Dit werk nogal nie vir almal nie. Johnnie se Huis is nou lekker opgeknap na julle by ons was. Kom kyk gerus weer eendag!
Groete,
Hestelle
Seppie M - Jan 2018
Algehele gradering
Ontspanne.
Damsedrif Gasteplaas se terugvoer
Seppie, ek is vreeslik jammer vir julle ongerief. Ons kon ongelukkig nie tussen Sondagoggend wat die vorige gaste uit is en die middag wat julle gekom het, iets daaraan doen nie was nog Oujaar ook. Maar daar is 'n splinternuwe yskas en ons hoop om julle weer by ons te verwelkom.
Baie groete.
Hestelle
Damsedrif
Eric C - Jul 2017
Algehele gradering
Fantasties.
Damsedrif Gasteplaas se terugvoer
Eric,
Ek is baie bly julle het lekker by ons gekuier.
Kom gerus weer.
Damsedrif-groete,
Hestelle
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 28 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Damsedrif Gasteplaas, Langs die R332, Willowmore, 6452, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang